Wie is ons? Produkte Selmateriaal Kainos Akademie Neem Jesus aan Getuienisse Kainos konsultante Tuisblad Vind Kruiskyk TV Kainos tv reekse

HOE OM JESUS AAN TE NEEM AS JOU PERSOONLIKE REDDER

Alle mense, goeies en slegtes, sit in dieselfde penarie! Slegte mense - dié wat godsdienstig net 1% kry, het Jesus nodig om die oorblywende 99% by te sit voordat hulle die hemel kan beërwe, maar die goeie mense – die 99% mense, kom steeds kort, en het Jesus nodig om die 1% by te sit wat hulle nodig het om in die hemel te kom! Dit bevestig maar net wat Paulus lank gelede reeds in Efesiërs 2:8, 9 geskryf het:

Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 

Wat red ons dan? 

As 'n voorbeeldige, godsdienstige lewe en goeie dade ons nie red nie, wat red ons dan? Hier’s die eenvoudige antwoord: Totale oorgawe aan Jesus. Persoonlke geloof in Jesus.”

1 Johannes 5:12 Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. 13 Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo.

 Jy word gered en weergebore as jy die volgende gebed bid:

“Here Jesus, U is die Seun van God. Ek is ‘n sondaar en is verlore. Ek weet dat ek nie op my eie meriete in die hemel kan kom nie. Vergewe my sondes. Was my skoon in U bloed aan die kruis vir my gestort. Ek nooi U nou in my lewe in. Ek gee my totale lewe aan U, so volledig soos ek vandag kan. Dankie dat U my nou vergewe. Dankie dat U my nou u kind maak. Ek is van vandag af weergebore en behoort aan U. As ek nou sterf, gaan ek hemel toe vir ewig. Amen!" 

Jy het nou gedoen wat Johannes skryf:

WAT MOET JY NOU VERDER DOEN?

    Noudat jy Jesus aangeneem het as jou persoonlike Redder, is daar ‘n paar krities belangrike vaardighede wat jy sal moet aanleer om by die stad van goud te arriveer: 

1.                  Jy sal dáágliks móét Bybellees en bid.

Blote Bybellees en bid kan jou nie red van die hel nie, maar jy sal vind dat die Bybel en gebed vir die eerste maal in jou lewe eers sin maak ná jou bekering. Nou ken jy mos die Outeur van die Boek, en dit verander alles!

 2.                  Jy moet weekliks by ‘n lewende kerk inskakel.

Ek het reeds in hoofstuk een gewaarsku dat jy ‘n dooie kerk sou gou moontlik moet verlaat! Die bekende tradisie wat jou week na week so salig gesus het, het byna jou lewe gekos! Jy móét weekliks sinvolle kontak hê met ander uitgesproke, weergebore christene. Jou geestelike voorbereiding vir die ewigheid is immers onberekenbaar belangriker as die gemak van ‘n bekende kerk en tradisie!

         3.                  Skakel in by ‘n kleingroep van jou (nuwe) kerk.

In so ‘n kleingroep sal jy geestelik meer groei in ses maande as in ses jaar daarsonder.

4.                  Vergewe almal deurentyd voor die voet!

Aanvaar die werklikheid dat jy mense (veral ander christene), byna daagliks sal moet vergewe en sal moet akkomodeer vir die res van jou lewe.

5.                  Bely jou sondes vinnig.

Moenie probeer om God te beïndruk met jou heiligheid nie. Hy ken jou ten volle – jou sterkpunte, sowel as jou swakhede. Wees eerlik en natuurlik voor God.

 6.                  Koop vir jouself goeie geestelike boeke en musiek, sodat jy jouself deurweek met die waarheid.

As jy hierdie paar dissiplines handhaaf vir die res van jou lewe, sal jy geestelik ontwikkel, en ‘n waardige verteenwoordiger van God wees op die aarde.

 

LAAT WEET ONS ASB. INDIEN JY JESUS AANGENEEM HET, EN ONS SAL VIR JOU GRATIS MATERIAAL STUUR OM JOU TE HELP IN JOU NUWE LEWE!