Wie is ons? Produkte Selmateriaal Kainos Akademie Neem Jesus aan Getuienisse Kainos konsultante Tuisblad Vind Kruiskyk TV Kainos tv reekse

 

 

'Kainos Transformasie' reekse nou beskikbaar,

soos op Kruiskyk tv uitgesaai

 

Reekse sover beskikbaar

1. Wat is so nuut aan die Nuwe Testament?

Hierdie reeks bestaan uit 9 episodes op 3 DVD's teen slegs R250, handboek en posgeld ingesluit! Dit handel oor die verskille tussen die Ou en Nuwe Testamente - iets waaroor die meeste christene en kerke wonder. Wat van die Ou Testament is nog relevant vir ons in die Nuwe Testament? Hou op wonder en bestel hierdie diepgaande studie - jy sal die antwoorde kry op al jou vrae.

2. Word 'n nuwe mens!

Hierdie reeks leer ons hoe om ons persoonlike lewens te transformeer. Leer van die verskillende dimensies va jou lewe wat behoort te transformeer, en hoe om dit te doen! Dit sal jou lewe radikaal transformeer in 'n kort tydjie. Die reeks bestaan uit 7 episodes op 3 DVD's teen R250, handboek en posgeld ingesluit.

3. Transformeer jou huwelik!

Wat is die beginsels en fases van 'n gesonde huwelik? Wat kan jy prakties doen om jou huwelik te restoureer of te verander? Die antwoord op hierdie vrae is baie makliker en baie meerprakties as wat jy dink! Hierdie reeks gee jou die gereedskap om dit te doen. Dit bestaan uit 5 episodes op 2 DVD's teen slegs R150, notas en posgeld ingesluit.

4. Die Klippe roep dit uit!

Hierdie is 'n reeks van 4 episodes op 1 DVD wat aantoon hoedat die argeologie die Ou en uwe Testamente as histories waar en betroubaar bewys. Mense soos Abraham, Dawid, Agab, sowel as bekende Bybelse plekke soos Haran en Sodom en Gomorra, wat se bestaan voorheen ontken is deur liberale teoloë en skeptici, word vir eens en vir altyd deur die klippe van die Midde Ooste bevestig! Slegs R100 alles ingesluit!  

5. Waarheen is die aarde oppad?

Hierdie reeks van 4 episodes op 1 DVD fokus op die eindtye en gee 'n gebalanseerde Bybelse perspektief op wat op die horison loer vir die mensdom. Al die wederkoms gebeure word op 'n verstaanbare en treffende wyse in skematiese vorm uiteengesit. Die Kerktydperk, Groot verdrukking, wegraping, 1000 jarige vrederyk, slae van Armageddon, ens word regstreeks uit die Skrif verduidelik . R100 alles ingesluit

6. Kry die oorhand oor die onderwêreld

Hierdie reeks van 9 episodes op 3 DVD's kan ook op 3 CD's bestel word vir dieselfde prys. Dit handel oor geestelike oorlogvoering, en hoe ons ons God gegewe outoriteit kan opneem om oor die satan en sy magte te heers. Dis 'n MOET vir elke kind van God! Slegs R250 handboek ingesluit.

7. Waarom gebeur slegte goed met goeie mense?

Hierdie reeks van 5 episodes op 2 DVD's verduidelik aan die hand van 'n openbaring van Jesus aan Past Walter Hallam van die VSA, waarom slegte goed met goeie mense gebeur. Hy het die openbaring van Jesus ontvang, 40 dae na sy dogter se dood in 'n vliegongeluk. Dit bevat ook die getuienis van Dr. Jan Janse van Rensburg wie se seun in 'n ongeluk oorlede is. Dit is 'n tydige antwoord op 'n diep vraag. R150 alles ingesluit

8. Herbou die mure van jou lewe!

Hierdie reeks van 5 episodes handel oor hoe die satan ons lewensmure beskadig, en toegang kry tot ons lewens sonder dat ons dit besef. Dinge soos geslalgvloeke, woordvloeke deur vriende en vyande, okkultiese bindings, liefdelose optrede deur ons, ens word verduidelik. Kry dit gerus, dit sal jou lewe verander! R150 alles ingesluit.

9. Die wonder van geloof

In hierdie reeks van 6 episodes op 2 DVD's, sal jy van geloof leer soos nog nooit tevore! Dis gebaseer op die Woord, sowel as openbaringskennis wat Dr. Jurie 'n paar jaar gelede ontvang het oor die aard van geloof. Christene soek na "werkende geloof" - geloof wat iets in die koninkryk kan doen, en dis waaroor hierdie reeks handel. R150 alles ingesluit.

10. Hoe vind ek betekenis in my lewe?

Dis die reeks wat handel oor hoe om betekenis en sinvolheid te vind in jou lewe - iets waarna elke mens op aarde smag. ons wil almal opstaan in die oggend, en lus voel vir die dag. dit kan jy net doen as jy betekenis kan vind in jou dag! In die reeks is daar 6 episodes op 2 DVD's wat jou lewe sal verander! R150 alles ingesluit

Bestel die reekse en kyk dit in jou selgroep, jou Bybelstudie, of reel 'n naweek kamp met jou gemeente en word getransformeer!

Om die reekse te bestel, kan jy die bedrag deponeer in JJ Vermeulen, Capitec Bank rek 1265071851 tak nr. 470010 (vir internet depositos voeg 00 agteraan tak nr) Stuur asb bewys van inbetaling na info@kainosvgk.co.za, of skakel 012 5430298/0723169562.