Boeke
"WORD 'N NUWE MENS."
"Bemeester die beginsels van persoonlike transformasie"
Hierdie boek deur Dr. Jurie Vermeulen handel oor die beginsels van permanente persoonlike transformasie. Hy breek die 5 kritiese ares oop waaruit
elke
mense se lewe bestaan, en verduidelik in detail hoe ons in elke area moet
transformeer, voordat ons god se geregtigheid, vrede en vreugde gaan
ervaar in ons lewens.
As jy moeg gesukkel is met jouself, koop hierdie boek en word getransformeer in 'n baie kort tydjie!
Om die boek te bestel:
Betaal R80 in die onderstaande bankrekening en faks (012 543-0298) of e-pos (bestel@kainosvgk.co.za) die bewys van betaling aan ons met jou naam, posadres en telefoon nommer. Jy kan ook die tel/faksnommer skakel en ander reëlings tref indien nodig.
JJ Vermeulen, Capitec Bank rek 1265071851 tak nr. 470010 (vir internet depositos voeg 00 agteraan tak nr)
"KRY
DIE OORHAND OOR DIE ONDERWÊRELD"

Begeer jy om die oorvloedige lewe te smaak wat Jesus 2000 jaar gelede al beloof het in Jh 10:10? Dan is hierdie die boek vir jou!
In hierdie boekie word op baie eenvoudige, maar aangrypende wyse verduidelik hoe om Jesus se oorwinning prakties te begin ervaar in jou eie geestelike lewe, jou gesin se lewe, jou huwelik, jou finansies, jou gesondheid en jou verhoudings.
Die sleutels tot oorwinning in hierdie boek is nie die deursnee clichés wat dikwels die rondte doen in kerke nie, maar is praktiese, deurleefde en gewaarborgde waarhede wat die toets van die tyd deurstaan het in tallose christene se lewens! Dit sal ongetwyfeld tot groot deurbrake en oorvloed lei ook in jou lewe.
'n Oorvloedige lewe vir elke christen is die Satan se bes bewaarde geheim, maar deur 'n noukeurige studie van elkeen van die 96 bladsye van hierdie boek te maak, is die beloofde land - die lewe van oorwinning binne elkeen van ons se bereik!
JY SAL NOOIT WEER DIESELFDE WEES NIE!
Om die boek te bestel:
Betaal R80 in die onderstaande bankrekening en faks (012 543-0298 - ook tel nr) die bewys van betaling aan ons met jou naam, posadres en telefoon nommer
Jy kan ook die faksnommer skakel en ander reëlings tref indien nodig.
JJ Vermeulen, Capitec Bank rek 1265071851 tak nr. 470010 (vir internet depositos voeg 00 agteraan tak nr)
Om die boek te bestel:
Betaal R80 in die onderstaande bankrekening en faks (012 543-0298) die bewys van betaling aan ons met jou naam, posadres en telefoon nommer.
Jy kan ook die faksnommer skakel en ander reëlings tref indien nodig.
JJ Vermeulen, Capitec Bank rek 1265071851 tak nr. 470010 (vir internet depositos voeg 00 agteraan tak nr)
"DIE
PAD TERUG NA GOD"
'n Boek spesiaal vir mense wat sukkel met geloofsekerheid, of wel tot bekering gekom het, maar nie weet wat om
verder te doen nie. Kry die antwoorde op vrae soos:"wat is my doel in die lewe? Wat verwag God van my? Bestaan
die hemel en die hel werklik?"
Koste: R30 posgeld ingesluit
JJ Vermeulen, Capitec Bank rek 1265071851 tak nr. 470010 (vir internet depositos voeg 00 agteraan tak nr)
"ARRESTEER JOU SEËNDIEWE"
Siek en sat om siek
en sat te wees? Smag jy na oorwinning in jou lewe? Dan is hierdie boek net vir
jou! Identifiseer jou seëndiewe en
arresteer hulle. Wees vry, en leef die lewe wat Jesus 2000 jaar gelede reeds aan
die kruis vir ons gekoop het!
Koste: R80 posgeld ingesluit
JJ Vermeulen, Capitec Bank rek 1265071851 tak nr. 470010 (vir internet depositos voeg 00 agteraan tak nr)
Uittreksel uit die boek: "Kry die oorhand oor die onderwêreld":
DIE
VERGADERING IN DIE ONDERWÊRELD
|
2 |
Korintiërs 2:11 maak ons bewus van die feit dat die Satan en sy hordes deurlopend planne beraam teen veral christene en kerke. Dis tog logies dat die Duiwel eerder die kerk op die hoek sal teiken, as die drankwinkel op die hoek! Dat hy veel eerder die christene, en verál die toegewyde christene sal aanval, as die ongelowiges wat vir hom en sy bose koninkryk geen gevaar inhou nie! Paulus skryf:
Die Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie. Ons ken sy planne maar alte goed.
Die Griekse woord wat met “planne” vertaal word, verwys na gedagtes, strategieë en beplanning. Met ander woorde, dis baie duidelik dat demone fyn ondersoek instel na ons lewens, dat hulle deurentyd na oop deure soek waardeur hulle ons lewens kan binnedring met net een doel voor oë, en dit is om sovéél skade moontlik te berokken aan jou gesondheid, jou finansies, jou verhoudings en jou kinders - en hoe erger; hoe meer tragies; hoe meer hartseer, hoe beter vir hom! In Matteus 12:43-45 bevestig Jesus dat demone dink, beplan, ondersoek instel en strategieë uitvoer in ons lewens - as ons hulle toelaat.
Maar hoe lyk die Satan se strategieë teen Christene? As jy die moed het kan ons een van hulle strategiese vergaderings bywoon... in die onderwêreld!
WAT WIL DIE SATAN DOEN MET CHRISTENE?
Die tonnel waardeur ons beweeg word al hoe donkerder. Ons het die lig reeds ’n rukkie gelede al verlaat, en beweeg baie vinnig na die donkerte daar voor ons. Skielik is ons in ’n pikdonker saal – eintllik ’n grot, met vuurpoele wat oral brand en ’n dowwe, dansende lig teen die ontsaglike hoë grotwande verf.
Daar hang ’n swaar swael reuk in die warm, bedompige, suurstoflose lug, en behalwe vir die geknetter van die vuur, is dowwe stemme hoorbaar.
Asof onsigbaar, beweeg ons nader. Ons is in die teenwoordigheid van ’n twee en ’n half meter lange, glansende engel met goudkleurige hare, ‘n spierwit kleed, goue sandale en ’n meter lange glimmende swaard in sy hand.
Ons beweeg deur ’n smal gang tot in die aangrensende kleiner vertrek. Wat ek sien laat my verbaas stilstaan... Voor my is ’n ordelike vergadering aan die gang! Daar is ’n lang, antieke, vuil kliptafel in die middel van die vertrek, met twaalf groteske figure op ewe antieke stoele rondom. Hulle praat met groot drif, en hulle stemme pas by hulle voorkomste. Sommige het diep heserige stemme; ander grom amper meer; daar is slymerige demone met hoë piepstemme – daar is selfs ’n vreemde vrouestem tussen in. Met die eerste oog-opslag is dit duidelik dat daar nie veel liefde en verdraagsaamheid tussen die kollegas is nie! Hulle gluur mekaar aan, maak snedige opmerkings, en brand openlik van jaloesie teenoor mekaar!
Teen die mure van die vuil, stowwerige grot is daar plakkate geplak. Op die plakkate is daar name van stede, kerke, leiers van kerke, burgermeesters en ander vername sekulêre leiers. Op ander plakkate is daar strategieë wat deur die eeue heen met groot sukses teen christen- en ander wêreldleiers gebruik is, en wat skynbaar steeds ingespan word om die kerk van Christus te verlam.
Skielik is daar ’n geskarrel aan die deur se kant, en ’n klein vaal, harige demoon kom vervaard ingeskarrel: “ons prins is hier! Almal staan op en buig voor prins Lucifer!” Die twaalf reuse demone spring op en buig neer in voelbare vrees voor ’n swart skaduwee wat skielik verskyn. Uit die swart rook word ’n lang donker persoon sigbaar. Hy waai met sy hand en praat in ’n afgemete, ysige stemtoon wat pas by sy uitdrukkinglose gesig en lewelose swart oë.
“My getroue apsotels, ek het goeie nuus! Ons is besig om die kerk van die Vyand ernstig te verlam oor byna die hele aarde. Ons is besig om ons werksbeskrywing, soos beskryf deur ons Vyand in Johannes 10:10, uit te voer! Ons missie en die rede vir ons huidige misrabele omstandighede – en ek moet darem byvoeg, slegs tydelike misrabele omstandighede, is mos om te steel, en te slag en te verwoes. En hoe goed kwyt ons onsself nie van ons taak nie!” Hierdie opmerking word met opgewonde geluide uit die groep beaam.
“Ons doel is tog nie om net met christene te speel nie. Ons wil hulle nie net ’n paar goedige poetse bak nie. Ons wil die kerk vernietig! Ons is die dodelik ernstige Vyand van die christen se siel, en ons wil verkieslik elke christen hel toe sleep! Daarom moét ons ten alle koste voorkom dat christene die tweede gedeelte van Johannes 10:10 verstaan, naamlik dat die Vyand gekom het om aan sy kerk oorvloedige lewe te gee! Gelukkig slaag ons nog heel goed daarin!
WAT WIL ONS VAN DIE KERK STEEL?
Wel om mee te begin, die gewone dinge - christene se gesondheid; hulle finansies, want dan het die kerk ook nie die geld om die Vyand se koninkryk uit te brei nie; christene se vriendskappe, hulle verhoudings, bevordering in hulle beroepe, en bo alles natuurlik, hulle geestelike groei. Dis van kritiese belang dat ons veral toegewyde christene lojaal hou aan dooie kerke, want dit verhoed dat hulle die nodige kennis van die Vyand se Woord bekom om werklik in oorwinning te begin leef. En buitendien, al hulle ywer word gelukkig dadelik versmoor deur die dooie atmosfeer rondom hulle. Jullle weet wat beteken oorwinning vir die Vyand se kerk – neerlaag vir ons, en dis oonaanvaarbaar!” Lucifer slaan hiermee so hard op die kliptafel dat vuil stof van die vaal tafel afval en op die pooierige, bleek grond neer sif.
“Maar waarom steel ons by die christene? Natuurlik om hulle in die eerste plek te verlam, maar ook omdat dit in ons natuur is. Verder het ons hulle besittings en hulpbronne nodig, want soos julle weet het die Vyand ons met min agtergelaat na sy sogenaamde opstanding uit die dood.”
Hierdie opmerking lei tot ‘n gesis en ‘n opwelling van sigbare woede onder die apostels. “Verder wil ons die christene so arm moontlik maak en uitermate frustreer, want dis ‘n seker manier om God seer te maak vir al die pyn wat Hy ons aandoen! Uiteindelik moet ons soveel mense moontlik met ons laat deel in ons potensieel smartlike uiteinde. Ons moet egter nie moed verloor nie, die moontlikheid is groot dat ons nog die bloedige geveg om die troon van die heelal kan wen!”
Die laaste opmerking gee aanleiding tot ’n oorverdowende gejuig, en terwyl Lucifer gaan sit, beduie hy in die rigting van ‘n groot swart demoon aan sy regterkant wat dadelik opspring. Sy geskeurde vlerke hang los aan sy sye as hy na een van die plakkate teen die oorkantste muur beweeg.
“SPESIFIEKE STRATEGIEË”
“Kollegas,” begin hy met ’n skor stem, “soos julle weet sluit my portefeulje die krities belangrike departement van gedagtebeheer in. Die mens (en veral christene) se gedagtes is die kosmiese slagveld, en die een wat hierdie stryd wen, tree as oorwinnaar uit die stryd om die siel van die mens en die kerk!”
Die demoon skryf op die plakkaat teen die muur: “Spesifieke strategieë,” en gaan voort. “Om mense se gedagtes effektief te beheer, poog ons om hulle gevange neem in hulle verlede, hulle hede of hulle toekoms. Wátter een van die drie is irrelevant. Verskilllende tydgleuwe werk beter vir verskillende mense. Al wat belangrik is, is dat ons die persoon effektief verlam en uit die stryd uithaal, sodat hy of sy geen verdere gevaar vir ons verhewe prins se koninkryk inhou nie.”
Die demoon skryf ’n opskrif: “Die Verlede,” en praat voort. “Om iemand effektief in sy verlede te laat vasval, moet jy hom of haar voortdurend herinner aan een van die volgende twee, of beide moontlikhede:
1. In die eerste plek aan iets traumaties of teleurstellend. Alle mense; ook christene, het tog negatiewe dinge oorgekom in die verlede, en daarom werk hierdie strategie gewoonlik baie maklik. Dis belangrik dat jy in spanverband saamwerk met die minder kragtige, maar tog uiters effektiewe aardgebonde geeste wat spesialiseer in spesifieke emosies soos vrees, selfbejammering, bitterheid, onvergewens-gesindheid en teleurstelling. Hulle is gewoonlik in staat om mense wat in hierdie strik trap, te verstrengel in hierdie ideale tipe gedagtes, wat later gedagtepatrone word! Die gedagtepatrone ontwikkel hopelik dan verder in gedragspatrone en gesindhede, wat weer mense se eindbestemmings bepaal.
2. Verder het ons die skouspelagtig suksesvollle strategie van skuldgevoelens. Alle mense het tog gesondig in die verlede, en ons verlam duisende, veral toegewyde christene deur hullle bloot daagliks te herinner aan hulle foute van die verlede. Selfs onopsetlike foute is effektief indien jy dit reg aanwend! Om die waarheid te sê, die christene is oor die algemeen so onkundig ten opsigte van die oorlog wat woed, dat ons vind dat jy hulle selfs kan beskuldig van denkbeeldige sondes – iets wat hulle nie eers werklik gedoen het nie, maar as jy lank genoeg aanhou daarmee sal hulle later skuldig begin voel, en hulle vrymoedigheid teenoor die Vyand verloor. Dit is tog ons einddoel met skuldgevoelens – dit sny hulle kontak met die Vyand af!
3. In die derde plek kan ons mense ook effektief verstrik in die verlede deur hulle voortdurend te laat leef in ’n baie aangename ervaring. Dis nodig dat ons hierdie ervaring so aangenaam in hulle gedagtes voorstel, dat hulle glad nie meer die krag of motivering het om in die hede te leef nie.”
’n Volgende strategie is om mense in die hede te verstrik. Dit doen ons deur hoofsaaklik saam met demone van frustrasie, negatiwiteit en ongeloof te werk. Die hede het verskeie gebruiksmoontlikhede:
1. Eerstens moet ons die christen laat fokus op die aspekte van sy huidige omstandighede wat hom of haar frustreer. Niemand op aarde se omstandighede is volmaak nie – so, dis redelik maklik om te doen.
2. Dan is dit noodsaaklik om saam met die aard- gebonde geeste van ongeloof en negatiwiteit te werk, aangesien hulle nie net hierdie christene se gedagtes uitsluitlik help fokus op daardie ongewensde aspekte van hulle omstandighede nie, maar ’n gees van ongeloof wek, wat weer tot ‘n gevoel van negatiwiteit en hopeloosheid aanleiding gee! Uit ons oogpunt beskou is dit ’n ideale gemoedstoestand vir christene. So verlam ons groot dele van die Vyand se kerk op aarde.
Ons kan ook mense se toekoms met groot vrug op die volgende wyses aanwend:
1. Die toekoms is onbekend vir die meeste christene, aangesien ons daarin geslaag het om profete uit die kerk te ban. Verder het ons daarin geslaag om die meeste christene onkundig te hou oor die profesieë van die eindtyd soos dit beskryf word in die Bybel. Soos julle kan sien, het ons op dié wyse ’n vrugbare teelaarde geskep vir vrees, want waar daar geen kennis is nie, is daar twyfel, wat weer aanleiding gee tot vrees, wantroue, moedeloosheid en onsekerheid.
2. Terselfdertyd het ons ook goeie grond voorberei vir dwaling ten opsigte van die toekoms.”
Hiermee gaan sit die demoon onder luide applous, en ’n volgende een staan op. Hy het ’n akkedisvormige voorkoms, en is oortrek met skubbe. Hy begin praat:
”Kollegas, ek bestuur die departement wat fokus op die beheer van die siel van die mens, en veral natuurlik die siele van ons ewige vyande, die christene. Soos julle weet, bestaan die siel van die mens hoofsaaklik uit drie dele, naamlik (1) sy intellek of gedagtes, (2) sy emosies en (3) sy wil. Ek wil kortliks aan julle verduidelik hoe ons christene se siele beheer.”
Die demoon skuifel oor na ‘n ander plakkaat toe en begin skryf: “gedagtes of intellek.” “Ons het so pas saam met ons geëerde kollega gekyk hoe ons christene kan verstrik in hulle verlede, hede of toekoms. Ek wil graag meer diepte gee aan hierdie onderwerp. Julle weet self dat ons groot bondgenoot van die tweede wêreldoorlog, Adolf Hitler, die oorlog verloor het omdat sy intelligensiehoof, Wilhelm Canaris hom met valse informasie gevoer het aangaande die situasie in die Straat van Gibraltar. As Hitler dit kon inneem, soos hy graag wou, sou hy waarskynlik die oorlog gewen het. Maar omdat Canaris hom mislei het met fiktiewe informasie, het Hitler sy mees effektiewe magte opgestel teen denkbeeldige vyande, en so sy strategiese magte verswak!
1. Ons strategie is dus eerstens om christene se gedagtes te verstrik in denkbeeldige of werklike bitterhede, frustrasies en vrese. Daardeur verdeel ons hulle fokus, en tap ons hulle energie. Ons kwel en teister hulle gedurig, en op dié wyse verswak ons hulle weerstand in kritiese oomblikke...
2. Tweedens wil ons christene verstrik in hulleself. Ons wil hulle radikaal selfgesentreerd laat dink in plaas van God gesentreerd. So lank ons hulle kan laat vaskyk in hulleself – hùllle sondes, hùllle bedreigings, hùllle beroepe, hùllle siektes, hùllle onvervulde beloftes en profesieë, hùllle ‘buitengewone vermoëns,’ hùllle ‘geestelike volwassenheid,’ hùllle verhewe geestelike ervarings en enigiets anders wat hulle fokus van God af kan hou, is hulle van geen waarde vir die kerk nie, en ook geen bedreiging vir ons verhewe prins Lucifer nie! Dit maak ook nie saak of hulle hulself besig hou met positiewe of negatiewe sake nie. Of hulle verstrik is in gedagtes van afguns en kompetisie, of minderwaardigheid of meerderwaardigheid is irrelevant – hulle kan selfs met kerksake besig gehou word. Hulle moet net ten alle koste teen God en die realiteit van Sy Heilige Gees verskans word! Hulle mag nie toegelaat word om hulleself, die kerk, of God te sien soos Hy werklik is nie.
Maar kom ons beweeg weg van gedagtes af en kyk na beproefde strategieë wat die toets van die tyd deurstaan het teen die emosies van mense. Vir ons is dit baie duidelik dat mense se emosionele toestand, bloot ’n weerspieëling is van hulle gedagte prosesse. Die Vyand se boek leer dit vir hulle duidelik in Spreuke 23:7 (OAV)
Want soos hy (‘n mens) in sy siel bereken, so is hy.
‘Bereken’ beteken in die hebreeus ‘om in te laat,’ maar gelukkig weet die meeste van hulle dit nie, en dit gee aan ons die geleentheid om ons idees in hulle siele (gedagtes) te plant, wat hulle inlaat, en hulle uiteindelik emosioneel verlam. Ons emosionele strategie teen christene werk soos volg:
1. Omdat ons tientalle geeste tot ons beskikking het vir elke persoon op aarde, kan ons mense se gedagtes vier en twintig uur van die dag bombardeer. En, soos ons hierbo verduidelik het, afhangende van die tipe gedagtes waarmee ons hulle bombardeer, word sekere emosies in hulle opgewek. As ’n demoon van vrees hulle gedagtes met vrees beïnvloed, ervaar christene emosies van vrees. Dieselfde geld vir die uiters suksesvolle jaloesie geeste wat meeste kerke verlam het. Kompetisie, verdeeldheid, ongeloof, negatiwiteit, luiheid, afguns, wantroue, skinder, en vele ander spesialis geeste het skouspelagtige sukses in kerke behaal oor baie jare! Dit is soms wel ’n gesukkel om hierdie geeste so ver te kry om saam te werk, maar uiteindelik is hulle gewoonlik uiters effektief.
2. Maar ons kan mense se emosies op ’n meer direkte wyse aantas, en dit is deur byvoorbeeld ’n kwelgees van neerslagtigheid, vrees of wellus aan hulle geesliggaam te laat vassuig. Hierdie kwel- en teistergeeste tap christene se emosionele energie, en produseer hierdie emosies in hulle. Gelukkig weet die meeste christene nie dat hulle uit liggaam, siel en gees bestaan nie, en derhalwe verstaan hulle glad nie wat die oorsprong van hulle emosionele toestand is nie! Gewoonlik oortuig ons hulle maklik dat hulle so voel omdat hulle gesondig het, deur doodgewoon gedagtes van skuld in hulle gedagtes te plant, wat deursypel na hulle emosies en hulle nog verder verlam. Hierdie onkunde bestaan voort ten spyte van Paulus se duidelike lering in byvoorbeeld 1 Tessalonisense 5:23, waar hy sê:
Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!
Onkunde bly maar ons beste wapen, want die meeste christene beskik steeds oor min bruikbare kennis oor die aard van hulle geestelike stryd. ’n Groot deel van die kerk het ook geen noemenswaardige ervaring van werklike geestelike oorlogvoering nie, en weet dus gelukkig glad nie wat ’n openbaring soos 2 Kor 10:4, 5 beteken nie:
Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
Ons voer ons oorlog teen christene se gedagtes hoofsaaklik deur middel van onkunde en mis-informasie, en soos julle kan sien aan die toestand van die kerk, het ons niks om oor te kla nie!
Maar eers genoeg oor emosies. Kom ons beweeg voort na die ander belangrike deel van die menslike siel, naamlik die wil. As ons die mens se siel met ’n motor vergelyk, vervul ’n mens se intellek of denke die funksie van ’n stuurwiel. Die denke is die deel waarmee ’n mens beplan in watter rigting om te gaan. Die mens se emosies is soos ‘n motor se enjin. Wanneer ’n mens se emosies eers aan die gang gekom het, is dit moeilik om tot stilstand te kom. Die wil van die mens is soos die rat hefboom en koppelaar van die motor. Dit laat mense in beweging kom.
Ons onmiddelike doelwit is altyd om die betrokke persoon wie se denke en emosies ons beïnvloed, se wil gevange te neem. Ons werk dus altyd om sy of haar wil te neutraliseer en passief te maak. Dit doen ons hoofsaaklik deur die persoon se wil te verwar en te verlam. Doodgewone kwelgeeste van verwarring, luiheid, moegheid, passiwiteit, skuld, neerslagtigheid en vrees is hier baie effektief.
Onvolwasse christene is baie weerloos teen die manipulasie van die siel. Omdat hierdie onervare gelowiges nie bekend is met ons strategieë nie, en omdat die kerk oor die algemeen baie meer verdraagsaam is teenoor onvolwasse christene as byvoorbeeld kwaadwilllige dwaalleraars, is hierdie christene dikwels baie effektiewe ‘agente’ vir ons doeleindes. Wat kerke egter gelukkig nie besef nie, is dat beide groepe mense vir dieselfde taak gebruik kan word! Gerugte, agterdog, wantroue, kompetisie, jaloesie, verdeeldheid, en selfs die vernietiging van eens kragtige kerke kan ewe effektief deur beide onvolwasse christene, sowel as deur dwaalleraars bewerk word!”
STRATEGIEË TEEN mENSE se
LIGGAMe
Na hierdie lang lesing gaan die demoon sit onder luide toejuiging, en ’n ander een neem sy plek in. Almal teenwoordig het sigbaar ontsag vir hom, en dis ook duidelik waarom – sy wrede luiperdagtige gesig lyk buitengewoon vreesaanjaend. Hy begin praat.
“Afgesien van al ons strategieë teen die siel van die mens, fokus ons natuurlik ook baie indringend op die liggame van mense. Dis ’n ryk area van versoeking en teistering in baie vorme, en boonop het ons deur die eeue ’n baie goeie begrip ontwikkel van hierdie tipe oorlogvoering.
Ek is verantwoordelik vir een van die grootste en mees uitgebreide eenhede op aarde, naamlik verslawing. Ons fokus primêr op die liggame van mense. Ons hoofdoelwit is om van mense afhanklike slawe te maak. Dit doen ons baie effektief op die volgende wyses:
1. Ons verstrik hulle in sonde. Sondes soos diefstal, leuens, owerspel, losbandigheid, wellus, pornografie, luiheid, ensovoorts is slegs die eerste fase van ons werk.
2. Ons tweede strategie behels verslawing. Alle verslawing is vir ons ‘n oop deur na die lewe van daardie indiwidu. Verslawing is ‘n dieper vorm van gedagte= beheer en oppressie, want nou kan ons deur die persoon se fisiese liggaam ook sy of haar gedagtes beheer! Met verslawing hoef ons dus nie net meer deur die kanaal van suggestie in die persoon se denke te werk nie, maar direk deur die persoon se liggaam. Ons geeste van verslawing is uiters suksesvol, want ’n baie groot persentasie van christene is verslaaf aan iets op liggaamlike vlak.
3. Die volgende strategie teen die christene se liggame behels natuurlik siekte. Dit verskaf aan my en my kollegas die uiterste genot om christene se liggame af te takel en te besmet met virusse, bakterië, infeksies en pyne in elke denkbare vorm! Dit laat hulle verward rondskarrel van dokter tot dokter, wat hulle finansiëel dikwels ruïneer. Ons beloning is nog soveel groter wanneer hulle dit gelate as God se wil en direkte toedoen aanvaar, en nie eers ernstig bid en glo vir genesing nie! Dan maak ons die siekte nog erger, sodat hulle God sélf later begin bevraagteken en nog later die geloof wat hulle aanvanklik gehad het, ook verloor!”
Die engel gee raad...
Die engel wat die heeltyd doodstil staan en kyk het, praat skielik. “Christene twyfel en ly onnodig omdat hulle nie God se wil ken ten opsigte van siekte en genesing nie. Die Bybel is God se wil en is baie duidelik hieroor. Skrifte soos Eksodus 15:26, Deuteronomium 7:15, Jesaja 53:3-5, Matteus 8:17, Handelinge 10:38 en 1 Petrus 2:24 is baie duidelik: Jesus het vir julle sondes, sowel as julle siektes aan die kruis gesterf! Christene kan beide ontvang deur bloot geloof uit te oefen! Dit is so dat mense baie dikwels nie dadelik genees word nie, en dat sommige uiteindelik sterf, maar almal moet tog uiteindelik doodgaan aan iets! Selfs mense wat werklik geloof be-oefen sterf tog uiteindelik ook van siekte, omdat dit God se tyd was vir hulle. Wat wel ongelukkig dikwels gebeur is dat die Satan mense, en veral toegewyde christene, se lewens probeer kortknip deur middel van siekte. Hy kry dit reg deur christene, en selfs hele godsdienstige denominasies se ongeloof en onkunde uit te buit ten opsigte van genesing! Christene aanvaar baie dikwels siektes heel gelate, sonder om God daaroor te raadpleeg! Hulle be-oefen dus nooit ernstig geloof vir genesing nie, en sterf gevolglik voortydig. Of hulle ly onnodig vir baie jare aan siektes wat hulle produktiwiteit in God se koninkryk belemmer. Wanneer christene siek word moet hulle dus altyd bid vir genesing, want dit is wat die Bybel baie duidelik leer.
Genesing is ook nie net God se wil nie, maar dis deel van Sy natuur en karakter. Die Bybel leer ons in Eksodus 15:26:
As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.
Die onderstreepte frase is in Hebreeus een van God se name waardeur Hy homself aan Moses openbaar, naamlik ‘Jahwe rofe,’ wat letterlik beteken, ‘die Here; die Geneser.’ Genesing is dus deel van wie God is – dit is deel van Sy hart, en God openbaar homself op dié wyse regdeur die Ou Testament met behulp van vele ander sulke name wat Sy wese beskryf.
Onthou, die Satan sou baie graag alle christene op aarde dadelik hemel toe wou laat gaan, want dan is hy en sy trawante vry om te doen wat hulle wil! Daar is net een ding op aarde wat sy bose planne verydel en dis christene vol van die Heillige Gees en geloof!”
Hiermee sluit die engel sy lering af en kyk weer in die rigting van die vergadering.
LUCIFER SE 7-PUNT PLAN TEEN MENSE
Die laaste demoon het intussen selfvoldaan gaan sit en die stil figuur aan die punt van die tafel staan op. Dis Lucifer self. Hy begin praat:
“Soos julle sien my getroue apostels, het ons uiters suksesvolle strategieë uitgewerk teen mense, en veral teen die gehate christene. Dis ons plig om hulle uit te mergel na gees, siel en liggaam, en hulle volkome te neutraliseer. Danksy ons knap spanne het ons uitgebreide beheer verkry oor die omstandighede in onkundige christene en ongelowiges se lewens. Ons beskik oor groot krag in diegene se lewens wat nog nie geleer het om outoriteit te neem oor hulle lewens en oor ons aktiwiteite nie. Ek het dit goed gedink om hierdie opleidingsessie af te sluit met ’n kort oorsig van ons wenresep waarmee ons tallose christene sowel as ongelowiges deur die eeue vernietig het. Ons begin gewoonlik ons vernietigingsproses met...
1. ONTMOEDIGING EN TELEURSTELLING
Ons laat iets met christene gebeur wat nie aan hulle verwagtinge voldoen nie, en raai wat gebeur met dié wat nog nie geleer het om hulle oë op God en Sy sogenaamde onfeilbare Woord te hou nie? Die wat nog steeds na omstandighede kyk? Hulle betree die volgende fase in die proses, naamlik...
2. VERWARRING EN ONSEKERHEID
Kyk wat gebeur nou met hulle gedagtes - hulle tob oor wat gebeur het; hulle begin vra ‘waarom, hoekom, wat nou, en wanneer gaan dit verander?’ Hulle maak uitsprake na aanleiding van ons suggesties in hulle gedagtes soos, ‘God is nie lief vir my nie, Hy hoor nie my gebede nie, ek het seker te veel sonde, wat gaan van my word, wie sal my kan help, alles is hopeloos?’
Verwarring kom altyd as gevolg van drie redes: (1) Ons (demoniese) oppressie en beïnvloeding; (2) geestelike onvolwassenheid, en (3) ’n gebrek aan openbaring van God se kant af. Tot ons spyt en frustrasie bring Goddelike openbaring altyd onmiddelike helderheid – waar die Heilige Gees werk is daar altyd helderheid van visie, maar waar ons werk is daar altyd verwarring en verdeeldheid. Indien ons dit regkry om voort te bou op die christen se huidige verwarring, teleurstelling en groeiende ongeloof, betree hy die fase van...
3. NEERSLAGTIGHEID, MOEDELOOSHEID en vrees
Omdat die persoon se denke verward is, affekteer dit sy emosies. Onthou die goue reël: ’n emosie volg altyd ’n gedagte! Indien ons iemand nie kan verlei om openlike sonde te doen nie, probeer ons hulle kragteloos maak deur emosies van swakheid in hulle te genereer. Kwelgeeste wat soos bloedsuiers mense se geestelike en emosionele energie uitsuig tot net ’n leë dop oorbly, is hier baie effektief. My getroue apostels, jullle weet dat ons ten alle koste christene se vreugde moet steel, want ’n blymoedige christen is ’n sterk christen (Nehemia 8:11)! Iets wat ons nie kan bekostig nie. Ons soek swak – dit wil sê, neerslagtige, teleurgestelde, bitter of vreesagtige christene. Enige een van hierdie emosies is ideaal, want dit verlam en neutraliseer hulle volkome. Die fase wat volg is ‘n...
4. VERLIES AAN GELOOFSVERTROUE EN VISIE
Wat gebeur volgende met so ’n neerslagtige, vreesagtige christen? Het julle al ’n neerslagtige of vreesagtige mens gesien met ’n sterk, lewende geloof? Nee, dis ’n teenstrydigheid! Dis twee teenoorgestelde pole. Ons weet goed dat mense juis neerslagtig of vreesagtig word omdat hulle nie die hoop of die geloof het vir ’n positiewe uitkoms nie! In dié toestand motiveer ons gewoonlik die persoon om hom of haarself te ontrek van ander christene.
5. ONTTREKKING EN ISOLASIE
Die christen is nou seergemaak en hopelik bitter teenoor God omdat Hy skynbaar nie hulle gebede verhoor nie. Daarom onttrek hulle hulself aan ander christene – iets wat natuurlik geweldig in ons guns werk! Hulle isoleer hulself eerstens van God, dan die kerk, en dan van ander christene. Hulle geniet nou eers ’n pity-party op hulle eie onkoste, met ons as die eregaste! Die volgende fase is ’n kort treetjie weg, naamlik...
6. DEPRESSIE EN MOEGHEID
In isolasie word sulke mense se emosies al meer ontsteek – die inflammasie al hoe erger. Die negatiwiteit en teleurstelling het nou al oorgegaan in neerslagtigheid en vrees, wat ’n verlies aan geloof en hoop geaktiveer het en tot isolasie gelei het, en wat nou uiteindelik ontwikkel in groeiende depressie, bitterheid, skeptisisme en wanhoop! Nou is ons werk byna voltooi. Let daarop dat ons sulke christene hoegenaamd lankal nie meer as ’n bedreiging beskou nie. Mense is gewoonlik al uit die geveg uit by die afloop van die eerste fase! Ons werk nou uitsluitlik op hierdie mense vir die genot van die saak. Ons weet mos dat ons God seermaak deur sy skepsels seer te maak. Om een of ander onverklaarbare rede het hy die nuttelose mense lief! Die laaste fase is ’n blote formaliteit, naamlik...
7. NEERLAAG EN HOPELIK, SELFMOORD
Dis die einde van die pad… en hoe gouer ons sulke mense se misrabele lewens kan afsluit, hoe gouer kan ons iemand anders teiken.”
Dit wil voorkom asof die vergadering nou verby is. Die Satan gaan sit, en die engel wat nog die hele tyd soos ’n standbeeld gestaan het, gee skielik ’n tree vorentoe, en stap ongesiens reg teen die tafel verby. Ons volg vinnig in sy spore – nie een van ons voel baie opgebou deur alles wat ons hier gehoor het nie! En nie een van ons het enige begeerte om op ons eie langer in hierdie grillerige plek te bly nie!
Terwyl ons uitstap, sien ek ’n plakkaat teen die muur van die tonnel met die volgende opskrif:
“SATANISTE SE HUIDIGE STRATEGIE TEEN KERKE”
Ek begin lees met stygende onrus omdat alles op die kaart so sigbaar is in kerke:
1. “INSYPELING
2. WEN VERTROUE
3. BEVEG GEBED
4. VERSPREI NEGATIEWE GERUGTE
6. VERNIETIG HUWELIKE EN FAMILIES
Oppad uit lees ek teen ‘n vuil muur die volgende woorde:
‘Onthou, alle gebed moet ten alle koste so vinnig moontlik beëindig word in alle kerke – veral dié wat vir ons enige wesenlike bedreiging inhou!"
Nou het ek omtrent alles gesien en gehoor, dink ek ontsteld terwyl ons uitstap.
[1] Sien Hollins, R 1996. From the darkness into the light. Orion: Halfway house & Brown, R 1986. He came to set the captives free. Chick Publications: Chino, CA.