VLAK 4 - DIE BEDIENINGSVLAK
DIE VERVULLLING MET DIE HEILIGE GEES EN DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES
1. VERVULLLING MET DIE HEILIGE GEES
STUDIE 1.1 DIE TERMINOLOGIESE VERWARRING EERS OPGEKLAAR:
Lees Matteus 3:11. Watter woord word hier gebruik wat die koms van die Gees beskryf?..........(DOPING)............................................................
Dink julle dis reeds vervul? ...(JA)...........Wanneer?.....(PINKSTERDAG)......Kan dit weer gebeur?.........(NEE)..................................................
Lees Lukas 4:18, Handelinge 10:38, 2 Korintiërs 1:21, 1 Johannes 2:20, 1 Johannes 2:27. Watter term word hier gebruik vir die werking van die Gees?.......................(SALWING)..................................................................
Lees ook Eksodus 28:41, 1 Samuel 9:16. Waarvan is salwing in die OT ‘n teken? .......(TOERUSTING VIR DIENS)...............................
Lees Handelinge 4:31, Handelinge 9:17, Ef 5:18. Watter term word hier gebruik? .......(VERVULLING).............................
Moet ons as Nuwe Testamentiese christene dan nou gedoop, gesalf of vervul word met die Heilige Gees? Hoekom kies jy die betrokke woord(e)?...........................................................................................................................................................................................................................................
1.2 MOET ONS STEEDS WAG VIR DIE HEILIGE GEES?
Lees Lk 24:49; Hd 1:4-9. Wat moes Jesus se dissipels doen om die Heilige Gees en sy gawes te ontvang?.............(WAG)...........................................
Lees weer Hd 1:8. Wat het hier gebeur? – wat noem ons hierdie gebeurtenis?.............(PINKSTERDAG).........................................................................
Waar is die Heilige Gees nou?.......(OP AARDE).........................................................
Lees Hd 9:1-19, Hd 10:30-45-Het hierdie mense gewag op die Gees?.........(NEE)..........................................................................................................
Moet ons na pinksterdag nog steeds wag om die Heilige Gees en sy gawes te ontvang?.......(NEE)........................................................................................
Hd 8:17, Hd 10:47, Hd 19:2, Lk 11:9-13, 1 Korintiërs 2:12. Watter woord(e) lees ons hier by herhaling tov die Heilige Gees?.....(ONTVANG)..........
Wat impliseer dit vir ons?..............(ONS VERWAG OM ONMIDDELIK VERVUL TE WORD)......................................................................................
Wat moet ons wat na pinksterdag leef dan doen om met die Heilige Gees vervul te word?.....(VRA EN ONTVANG IN DIE GELOOF.................................
STUDIE 2. VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES (2)
Lees Joh 14:16-18, 26; 16:7-16. Maak ‘n lys van die funksies van die Heilige Gees...............................................................................................................
.....................................................................................................................................................................................................................................................
Die Heilige Gees is God met ons – Immanuel! Sonder hom kan christene nie leef nie.
Die eerste belangrikste stap wat nodig is mense wat die vervullling van die HG begeer is:
2.1 dat jy hom erken en eer as God self.
Sę daagliks bv: “Ek eer u Heilige Gees, dankie vir u teenwoordigheid. Kom vul my nou vir hierdie dag met u krag, gawes en teenwoordigheid.”
ONTHOU - Solank jy die Heilige Gees ignoreer of wantrou sal jy niks van hom ervaar nie!!
2.2 Die verskil tussen vervulling met die HG en bekering.
Vervulling deur die Heilige Gees is ‘n definitiewe gebeurtenis na bekering in die Christen se lewe. Dit is die oplossing vir die probleem van
kragteloosheid.
Wat is die verskil tussen bekering en vervulling met die Heilige Gees?
Bekering fokus op Jesus en sy kruis, want Jesus en sy kruis handel met ons sonde. Bekering los dus ons sonde probleem op, terwyl vervulling met
die Heilige Gees ons probleem van kragteloosheid oplos.
2.3 Tipiese simptome van Christene wat die Heilige Gees as Persoon ignoreer:
· Kragteloosheid
· ‘n Gebrek aan vrug (Gal.5:22)
· Geen ervaring (manifestasie) van die Gees se teenwoordigheid of Sy gawes nie
2.4 Lees Johannes 4:4-39. Watter beeld gebruik Jesus hier van die Heilige Gees? ....(FONTEIN VAN WATER)....Is bekering en wedergeboorte, of vervulling met die HG waaroor dit hier in Samaria gaan?.......(BEKERING)...................
Lees Jh 7:37-39. Watter beeld gebruik Jesus hier? ......('N RIVIER VAN WATER) ...........Hoe verskil dit van sy beeld hierbo van die Heilige Gees? Gaan dit hier oor bekering (wedergeboorte) deur die Gees, of oor vervulling met die HG?......(VERVULLING)........
Wat is die verskil tussen ‘n fontein en ‘n rivier van lewende water?........(DIE KRAG EN HOEVEELHEID DAARVAN).........................
Met ander woorde, by bekering is die Heilige Gees soos 'n fontein van lewe, maar by die vervulling met die Heilige Gees is Hy kragtig soos 'n rivier.
STUDIE 3. VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES (3)
Lees Johannes 14:16,17. Watter 2 woorde gebruik Jesus hier in v17 om die teenwoordigheid van die HG by die dissipels te beskryf en hoe verskil dit van mekaar?........(HY BLY REEDS BY HULLE, MAAR SALVORENTOE IN HULLE WEES).....
By watter woord hierbo pas dit wat gebeur met die dissiples in Johannes 20:21, 22? Onthou dat die dissipels se Nuwe Testamentiese wedergeboorte hier plaasvind!...........(DIE HEILIGE GEES IS NOU BINNE-IN HULLE VIR DIE EERSTE KEER)........................................
Lees Lk 24:49 & Hd 1:8. watter term word hier gebruik van die HG se teenwoordigheid? ....(HY SAL OOR HULLE KOM)
Wanneer is hierdie belofte vervul? ............(PINKSTERDAG)...........................................................................................
Watter term in Jh 14:17 pas by die Ou Testamentiese ervaring van gelowiges?......(BLY BY HULLE)......................
Watter term in Jh 14:7 pas by wedergeboorte in die Nuwe Testament? ..(IN HULLE).... Lees 2 Kor 5:17. waarna verwys dié teks?...........(WEDERGEBOORTE DEUR DIE HEILIGE GEES)...........
Hoe pas die term in Hd 1:8 en Lk 24:49 ..(OOR HULLE KOM) .....by die ervaring van Nuwe Testamentiese christene? ..(VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES - MAW DIE TOERUSTING MET KRAG OM SOOS CHRISTUS TE LEEF EN TE BEDIEN)............
Beskryf nou in jou eie woorde die teenwoordigheid van die HG in Nuwe Testamentiese christene se lewens en gebruik die 3 woorde wat julle in die gelese tekste gevind het:
....(IN DIE OU TESTAMENT WAS DIE HEILGIE GEES SLEGS OP MENSE [EKSTERN], MAAR IN DIE NUWE IS HY NOU BINNE-IN MENSE. DIE DAAROPVOLGENDE VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES IS, SOOS DIE OU TESTAMENT 'N BEKLEDING OF TOERUSTING MET KRAG EN GAWES).........
Is dit jou ervaring?...............................Indien nie, hoekom nie?...........................................
STUDIE 4. DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES - INLEIDING
Lees 1 Kor 12:1 Wat is God se wil ten opsigte van die gawes van die Gees?........(GEEN ONKUNDE).........
Dikwels sę mense dat ons nie die gawes moet najaag nie omdat Paulus duidelik sę dat die liefde tog die NB’ste is. Maar dis nie wat Paulus sę nie!
Lees 1 Kor 12:31, 14:1 & 14:39. Wat moet ons doen met die gawes van die Gees?.....(BEGEER)................................................
Watter woordjie in hierdie 3 tekste beskryf ons verantwoordelikheid ten opsigte van die gawes?..(BEYWER)...................
Beywer in Grieks beteken: Om as ‘n prioriteit te stel in jou lewe; om te begeer, met passie na te jaag. Wat impliseer dit vir jou daaglikse lewe?.....
.....(VRA VIR DIE GAWES)...........
In Rom 12; 1 Kor 12-14; Ef 4:11; 1 Tim & Titus vind ons 5 kategorieë gawes: Versorging gawes, spraak gawes, openbarings gawes, kraggawes, en leierskap gawes.
Lees die verskillende teksgedeeltes hier onder deur en kyk of julle al die gawes in die Skrifgedeeltes soos aangedui in die tabel kan vind.
| ROMEINE 12 | 1 KOR 12 | Ef 4:11 & 1 Tim 3, Tit 1 |
| 1. OPENBARING | ||
| profesie | profesie | apostels,profete |
| kennis | ||
| wysheid | ||
|
onderskeiding van geeste |
||
| 2. SPRAAK | ||
| lering | ongewone tale/klanke | |
| vermaning | uitleg van tale/klanke | leraars, evangeliste |
| 3. VERSORGING | ||
| uitdeel (gee) | hupverlening | herders/diakens |
| bediening (diens) | ||
| barmhartigheid | ||
| 4. LEIERSKAP | ||
| voorgangers | apostels, profete,leraars, | apostels, herders, |
| leiers | ouderlinge | |
| 5. KRAGGAWES | ||
| geloof | geloof | |
| gesondmaking | evangeliste | |
| wonders | apostels |
STUDIE 5: DIE SPRAAKGAWES
5.1 IS TALE ‘N TEKEN VAN VERVULLING MET DIE HG?
Lees Handelinge 2:4, Handelinge 10:46, Handelinge 19:6.
Was tale die enigste manifestasie van die Gees met vervulling? Wat het die mense alles gedoen wanneer hulle vervul was met die Heilige Gees?
Probleme met tale alleen as teken van vervulling:
v Tale op pinksterdag (en dalk ander gevalle) was 16 bestaande tale. (Hd 2)
v dit was met die doel om te evangeliseer. (Hd 2)
v In Kornelius se geval was die doel van die tale skynbaar lofprysing. (Hd 10)
v Die gawe was ook NB in dié spesifieke geval omdat dit die teken aan die Jode was dat heidene ook die Heilige Gees kon ontvang net soos die Jode op pinksterdag.
v Die mense in Efese het ook geprofeteer met vervulling. (Hd 19)
v Jesus het nie in tale gespreek met sy vervulling nie. Ook Samaritaanse gelowiges in Hd 8:17; Paulus in Hd 9:17.
v Paulus sou waarskynlik daarvan melding gemaak het in Romeine en Korintiërs waar hy breedvoerig oor die gawes skryf, indien tale so belangrik was en die enigste teken was by die vervulling met die Heilige Gees.
Dis egter nie te sę dat dit verkeerd is om in tale te spreek by die vervulling van die Heilige Gees nie – dis eintlik ‘n baie goeie ding, aangesien dit jou help om deur ‘n geestelike muur te breek. Ons westerse mense is gewoond daaraan om uiters rasioneel en logies te leef, en wanneer jy in tale begin praat leer jy baie vinnig om jou logika uit te sny en direk op die Heilige Gees in jou te fokus. Die funksionering van die gawes van die Gees, en die Gees self, is gebaseer op intuďsie en nie op logika nie. Die meeste van die tyd doen jy dinge wat jy nie werklik heeltemal verstaan nie. Jy reageer op dikwels baie flou gewaarwordings gebaseer op jou intuďsie wanneer jy in die gawes van die Heilige Gees begin funksioneer. Veral in die begin is dit moeilik vir ons westerse, rasionele denke om die sprong na ons intuďsie te maak!
Tale is egter nie die enigste teken van vervulling met die Heilige Gees nie, jy mag ook profeteer, loof en evangeliseer soos die dissipels op pinksterdag!
Die onmiskenbare en belangrikste tekens van vervulling met die HG is nie soseer tale, ens nie, maar:
v die krag om reg te lewe – heilig te lewe,
v Heilige Gees vrug te dra (Lees Gal 5:19-24)
v Heilige Gees gawes te beoefen,
v God te gehoorsaam,
v Jesus lief te hę met jou hele hart,
v en jou naaste soos jouself!
DAAR BESTAAN 2 SOORTE TALE:
1. ‘n Taal wat voor die hele kerk (‘n publieke taal) gebring is en uitgelę moet word ter wille van verstaanbaarheid en opbouing - Volgens 1 Kor 14:5 (Lees asb) is hierdie openbare taal na uitlegging op dieselfde vlak as profesie omdat almal dit verstaan.
2. Die privaat taal (Lees 1 Kor 14:4) word beoefen by die huis, of by jouself in die kerk, is gerig tot God en nie mense nie en het gevolglik nie ‘n uitleg nodig nie. Dit is ‘n aanbiddingsgawe waartydens die aanbidder ‘geheimenisse tot God’ spreek en homself opbou.
v Lees 1 Kor 14:6 & 27 hoe publieke tale beheer moet word tydens eredienste. Net soos profesie moet net twee of drie per byeenkoms dit bring, en moet dit uitgelę word wanneer dit voor die gemeente gebring word en nie meer net vir privaat aanbidding beoefen word nie
STUDIE 5.2 DIE GAWE VAN TALE VERVOLG: (‘gene glossoon’ in Grieks)
1 Kor 12-14
Die misbruik van hierdie gawe, en die onvermoë van die leierskap om die situasie te bestuur, is waarskynlik die hoofrede waarom Paulus hierdie gedeelte in Kor. 12-14 oor die gawes skryf: Die Griekse woord ‘gene’ (SOOS IN DIE HEDENDAAGSE GENUS EN SPESIE) dui in geskrifte wat uit Paulus se tyd dateer, op ras, familie, verwantskap en spesies (ook: klasse, tipes, kategorieë). Die Griekse woord ‘gene’ dui dus daarop dat die manifestasie en aard van hierdie tale baie verskil het van mekaar. ‘Gene’ dui op die verskeidenheid en dalk op die onverstaanbaarheid van die klanke – agv die groot verskeidenheid ongewone en onbekende klanke.
Glossoon beteken tonge, tale en praat. Die Nuwe Afr. Vert. vertaal dit met ‘ongewone klanke.’ ‘Gene glossoon’ beteken dan verskillende soorte tale en onverstaanbare klanke.
Die gawe van tale word deur verskilllende mense verskillend geďnterpreteer, naamlik as
v ‘n nuttelose doellose gebrabbel (evangeliese tradisie),
v as die spontane vermoë om vreemde, bestaande tale te kan praat (Calvyn);
v die spontane uiting van die gespanne onderbewussyn (sielkundige benadering)
v as ‘n engeletaal deur die HG gegee (Paulus en Witherington 1995);
v as ‘n gawe van die HG om onverstaanbare klanke te vorm wat of 'n bestaande, maar onbekende taal kan wees (Hd 2), of slegs klanke (nie 'n bestaande taal nie), maar wat ‘n baie spesifieke funksie dien vir God in die geestelik dimensie (Paulus in 1 Kor 12-14).
Die Bybelse waarheid oor tale:
v Dis ‘n Gees geďnspireerde taal van die Gees – Lees 1 Kor 12:10
v Dis ‘n engeletaal (volgens Paulus) - Lees 1 Kor 13:1.
Spreek in tale was bekend in die Joodse godsdiens lank voor Jesus se koms, as engeletale. Die Testament van Job wat gedateer word in ongeveer die tyd van Jesus se geboorte, beskryf die sterwende Job wat aan sy drie dogters elk ‘n gawe gee (44-49). In reaksie op Job se gawe begin al drie te sing; Hemera in ‘n engeletaal (48.3); en Amaltheias-Keras in die taal van die Gerubs.
Die Griekse godsdienste – die Misteriekultusse in Korinte was baie esoteries en het gespesialiseer in gees-transe en beswyminge. Hulle het bloed gedrink, is in bloed gedoop, ens en het ook tale beoefen. Die Gnostiese kultusse het daarop geroem dat hulle kommunikasie met engele gehad het. Selfs Sataniste, selfs sommige Moslemfaksies praat in tale!
Tale is dus ‘n universele godsdienstige verskynsel en word duidelik deur die Satan vervals en misbruik om die ware gawe van tale te ondermyn tussen christene. Iemand vervals net iets wat waarde het! Het jy al ooit ‘n vals R9 noot gesien? Natuurlik nie! Waarom nie? Want daar bestaan nie ‘n ware R9 noot nie. Omdat die Heilige Gees geďnspireerde gawe van tale werklike geestelike waarde en krag besit, vervals die Satan dit, met die hoop om dit te diskrediteer en die gebruik daarvan deur christene te beperk! Iets wat hy goed reggekry het.
Verder is tale:
v Direkte Gees-kommunikasie met God – Lees 1 Kor 14:2
v Gebed – Lees Rom 8:26, 27
v Tale is onverstaanbaar – Lees 1 Kor 14:2 & 14. Wat impliseer die feit dat jou verstand onvrugbaar of onbetrokke is in die spreek in tale in die praktyk? Jou brein kan en behoort ook nie te beoordeel wat jou ore hoor wanneer jy in 'n taal spreek nie.
v Pinksterdag tale was bestaande tale – John G Lake het dit byvoorbeeld ervaar toe hy Italiaanse mans op die stasie bedien het in vlot Italiaans wat hy nooit geleer het nie! Gedurende die 1930’s was daar ‘n ongeletterde Amerikaanse evangelis wat Russe, Italinaners, ens spontaan in hulle eie tale kon bedien. Die Heilige Gees het bloot vir gesę wat die mense se nasionaliteit was, en wanneer hy by hulle kom, kon hy hulle taal vlot praat!
v Tale bou (versterk, bekragtig) die spreker op – Lees 1 Kor 14:4
v Paulus beveel dit aan vir almal – Lees 1 Kor 14:5:
v Paulus beoefen tale meer as hulle almal - 1 Kor 14:18
Paulus se opinie van tale word deur baie teoloë verduister wanneer hulle verklaar dat Paulus teen die gebruik van tale gekant was. Die waarheid is dat Paulus baie positief was oor die gebruik van tale! Hy was wel gekant teen die misbruik van tale in die eredienste van die Korintiërs. Hy skryf in
1 Kor 14:39 Daarom,
my broers, beywer julle om te profeteer en moenie die gebruik van ongewone tale
of klanke verhinder nie.
40 Alles moet
egter gepas en ordelik geskied.
Sommige meen dat tale so gevaarlik en
moeilik kontroleerbaar is, dat dit eerder heeltemal vermy behoort te word. Dit
kan te maklik misbruik word en skade veroorsaak - iets wat waar is van al die
gawes van die Heilige Gees! Hierdie is egter nie 'n baie goeie argument nie,
want as ons so redeneer moet ons die gebruik van motors ook verbied, omdat baie
mense ook motorvoertuie misbruik wat tot miljoene padsterftes per jaar
lei !
Jou gebedstaal mag jy enige tyd gebruik; jy mag hardop of in jou gedagtes praat, jy mag dit in enige situasie gebruik – bestuur, werk, slaap, ens – net soos gebed.
5.3. PRAKTIESE OEFENING:
Onthou, ons behandel die gawes sodat ons dit kan be-oefen in ons lewens!
Het iemand wat reeds vervul is met die Heilige Gees jou al die hande opgelę en gevra vir die vervulling met die HG? Indien nie, vra jou selleier om dit nou met jou te doen en te vra dat God jou nou vervul met die Heilige Gees. As jy reeds vervul is met die Heilige Gees, sal jy waarskynlik in ‘n taal kan bid, as Hy dit vir jou wil gee.
Hoe praat ek in tale?
v Sluit jou oë, raak stil en fokus op die Heilige Gees binne-in jou.
v Vra die Heilige Gees om aan jou klanke te gee wat jy eers in jou gedagtes hoor en herhaal, en dan later saggies met jou mond uitspreek vir jouself.
v Al is dit net een klank (woordjie), gaan voort en herhaal dit, en soos jy ‘oefen’, voeg die HG al meer klanke by.
v Doen dit al hoe harder vir jouself totdat jy gemaklik begin voel daarmee.
v Dis natuurlik om verleë te voel, aangesien jy klanke maak wat onverstaanbaar is vir jou rasionele denke wat net gewoond is aan logiese, verstaanbare woorde wat jyself kies. Jy gee nou die eerste belangrike tree van logika na intuďsie!
STUDIE 6. PROFESIE
Lees 1 Kor 12:10: Profesie (Grieks = ‘profeteia’) bestaan uit twee woorde, naamlik 'pro' = vooruit/voor en 'femi' = spreek, om te borrel, uit te vloei. ‘n Profeet is dus God se spreekbuis waaruit God se woorde borrel – dikwels sluit dit voorspelling in. Volgens Paulus was profesie meer nuttig vir die gemeentesamekomste as onuitgelęgde tale omdat dit verstaanbaar is (1 Kor 14:19). Oral waar mense met hulle gode in aanraking wil kom, vind ons profetisme/profete. Profete is essensieël middelaars tussen gode en mense, en is daarom ook relevant vir die hedendaagse mens. Die populariteit van plaasvervangers vir egte profesie soos ‘Sterre voorspel’, fortuinvertellers, sangomas, ensovoorts, is voldoende bewys van die behoefte wat mense het aan hierdie gawe (in die VSA het die 24 uur ‘psychic hotlines’ en die waarsęerbedryf ‘n 30 biljoendollar omset per jaar).
Was Jesus ‘n profeet? Ja, hy noem homself ‘n profeet (lees Mt 13:57) Jesus staan in die tradisie van die noordelike profete (Elia en Elisa); die Jerusalem profete (Amos); die Messiaanse tradisie (Seun van die Mens; koninkryk van God - motiewe); die Joodse apokaliptiese profete wat in die eerste eeu vC ‘n vermenging was van Daniël se tradisie, Sagaria en 1 Henog.
Petrus beskou die Nuwe-Testamentiese kerktydperk wat met pinksterdag aanbreek in terme van Joël 2:17,18 wat van die kerk ‘n profeties verskynsel maak. Lees Handelinge 2:16-18. Die Heilige Gees wat op die kerk neergedaal het was, volgens Petrus die Gees van profesie, en daarom was ‘n teken van die aanbreek van hierdie dispensasie dan juis profesie.
Was Paulus ‘n Profeet? Sy briewe maak dit duidelik. Lees Handelinge 13:1 waar hy deur Lukas as ‘n profeet en leraar geďdentifiseer word. Hy het van apokaliptiese (eindtyd) beelde gebruik gemaak (2 Tessalonisense 2); hy het openbaringskennis van die ‘misterie’ van die evangelie ontvang (1 Korintiërs 15:51); hy het visioene en transe ervaar (2 Korintiërs 9); hy het gebeure en die toekoms voorspel (1 Tessalonisense 3:4; 4:2-6); hy het van liedere gebruik gemaak, net soos die Griekse orakels, en hyself, sowel as sy bediening, was ‘n kragtige teken van die immanente werking van die Gees .
Profetisme in die ou Griekse węreld was ‘n wye verskynsel, en sluit nie net godsdienstige profete in wat namens ‘n god spreek nie, maar selfs die amptenaar van die tempel wat die profeet versorg en die profesiee interpreteer en dokumenteer vir die soekers; priesters in Egipte; digters; kruiedokters en selfs die aankondiger by die spele.
Lees 1 Kor 14:29: Wat moes volgens Paulus met profesieë gedoen word? ....(BEOORDEEL)..Mense profeteer soms in die vlees – ‘n profeet profeteer byvoorbeeld vir 5 min oor Abraham wat Israel uit Egipte gelei het – later besef hy sy fout en sę: “en God sę ek is jammer, ek het ‘n fout gemaak, dit was natuurlik Moses…!”
Of die vrou wat kwaad was vir haar kerk en leraar en profeteer: God sę my toorn is oor hierdie kerk en ek onttrek my Gees van hierdie kerk – ek skryf ‘Michelob’ (ipv ‘ikabod’ = Hebreeus vir ‘my glorie is weg’) op die deure. Michelob is ‘n populęre bier in die VSA!
‘n Ander persoon profeteer: “God sę ek bring geweldige katastrofes oor die aarde – mense se harte sal verstyf van vrees – die katastrofes is so groot dat selfs Ek bang is spreek die Here!”
TWEE SOORTE PROFETE: KERKPROFETE EN SKRIFPROFETE
Profetiese woorde is feilbaar – is nie onfeilbaar soos die skrif nie. Profesie moet aan die hand van die skrif beoordeel word en is bloot veronderstel om ‘n waarheid in die skrif te beklemtoon en te verduidelik. Die groot vrees van die nie-charismatiese kerke dat profete wil byvoeg by die skrif, maar dis ‘n ongegronde vrees gebaseer op opkunde. Paulus se opdrag om profesie te beoordeel sou nie sin gemaak het as kerkprofete woordeliks en onfeilbaar God se woorde bekend gemaak het aan die gemeente nie.
Wat is die verskil tussen skrifprofete (Jesaja, Jeremia, Paulus, ens) en kerkprofete (soos Agabus – Hd 11:27,28 en Filippus se 7 dogters – Hd 21:9)? God maak seker dat skrifprofete presies sę wat hy wil sę en soos hy dit wil sę. Hedendaagse kerkprofete dra God se algemene waarhede en perspektiewe oor wat gebaseer is op die skrif – nie foutloos soos skrif nie. Skrifprofete het net eenmaal opgetree, maar kerkprofete tree regdeur die eeue op, en hulle funksie is nie byvoeging tot die Bybel nie, maar woorde van bemoediging, vertroosting en opbouing wat op die Skrif gebaseer is.
WAT IS PROFESIE?
Profesie is alle geďnspireerde spraak. Die doel hiervan is om gelowiges te bemoedig, te vertroos en op te bou (lees 1 Kor 14:3), en dit moet tot voordeel van die ontvanger wees (lees 1 Kor 12:3).
Die eenvoudige gawe van profesie kan en moet deur alle gelowiges be-oefen word! Almal moet onder die inspirasie van die HG kan praat, om sodoende ander gelowiges te kan bemoedig, vertroos en opbou. Alle gelowiges moet God se stem kan hoor en uitspreek wat God sę. Dit maak egter nie van almal profete nie! Ons almal profeteer dikwels sonder dat ons dit weet in ons gesprekke en gebede, omdat ons God se perspektief vir onsself of iemand anders gee in ‘n terloopse gesprek of gebed!
STUDIE 7. HOE LYK ‘N WERKLIKE KERKPROFEET?
‘n Persoon in die amp van kerkprofeet is iemand wat in die eerste plek geroep is (dikwels voltyds) as prediker en leraar van die Woord. Tweedens beweeg hy/sy in die eenvoudige gawe van profesie soos alle ander gelowiges wat al geleer het om God se stem te hoor, maar gekombineer met minstens 2 van die ander openbarings gawes soos die “woord van kennis, woord van wysheid, of die onderskeiding van geeste” (lees 1 Kor 12:8-10). Kyk weer na die tabel van gawes wat reeds aan jullle gegee is. Die profeet beweeg dus in ‘n saamgestelde openbarings- en spraakgawe.
DOEL VAN PROFESIE
Alle profesie is daar om te bemoedig en om bloot God se perspektief bekend te maak. Persone wat in die eenvoudige gawe van profesie beweeg moet oor die algemeen ver wegbly van direktiewe- (rigting gewende woorde) en vermanende woorde, en slegs fokus op bemoediging, vertroosting en opbou. Indien hulle daarbuite beweeg, oorskry hulle hulle gawe se grense, en veroorsaak verwarring en skade.
Mense in die bediening van kerkprofeet, wat in die saamgestelde gawe beweeg wat werklike openbaring insluit, is in ‘n posisie om direktiewe en vermanende woorde te spreek. Hulle moet egter volwasse gelowiges, vol liefde en geoefende profete wees, en hulle woorde moet altyd beoordeel word deur die ontvangers (lees 1 Kor 14:29; 1 Tessalonisense 5:19-21).
Profete is bloot feilbare mense wat gawes beoefen en kan foute maak net soos leraars en predikers! Paulus waarsku ons dat alles wat profete (en alle ander bedienaars kwytraak), beoordeel moet word.
OPPAS VIR “MESSAGE A MINUTE - PROFETE”
Die Nuwe Testamentiese profeet is eerstens ‘n prediker en leraar van God se Woord. Tydens die proses van prediking kan die eenvoudige profetiese gawe manifesteer wat groter intensiteit aan die prediking en lering gee. Wanneer die openbaring gawes ook nog bykom, funksioneer die profeet nou nie meer net as prediker of leraar nie, maar as profeet.
Profete se funksie is eerstens dus nie om voortdurend persoonlike profetiese woorde aan individue te gee nie, maar om lering te gee uit God se Woord, en soms – nie altyd nie, sal daar profesie, saam met die ander openbaring gawes funksioneer, as die HG wil. Baie dikwels sal dit nie gebeur nie, omdat die Heilige Gees ander doellwitte met die byeenkoms het. Indien die profeet onder druk voel om tog maar “profeties te bedien,” omdat mense dit van hom/haar verwag, funksioneer die profeet in die vlees, en later in ‘n gees van waarsęery! Dit gebeur ongelukkig dikwels in kerke, omdat die wanopvatting onder mense bestaan dat profete se uitsluitlike funksie die gee van persoonlike profetiese woorde is by elke bedieningsgeleentheid.
Lees 1 Kor 12:11 wat ‘n baie belangrike beginsel neerlę waaraan elke bedienaar hom/haarself moet onderwerp.
Bloot omdat die Heilige Gees verlede Sondag die gawe van profesie gegee het, impliseer nie dat Hy dit hierdie Sondag weer moét doen nie. Dalk doen Hy dit, dalk nie. Ons moet dus baie sensitief bly vir Sy beweging tydens elke byeenkoms, want die Heilige Gees is die dirigent van elke erediens.
WAT DOEN PROFESIE NIE?
Dis nie om nuwe leestellings neer te lę nie. Alles wat ons nodig het is reeds in die skrif.
Profesie is nie daar om jou lewe te reël nie – God wil met elkeen van ons persoonlik praat, nie net deur ander mense nie. Ons moet elkeen leer om God se stem te hoor vir ons lewens. Profesie bevestig net wat ons reeds weet, voel, ervaar in ons eie gees.
Profete behoort oor die algemeen nie vir jou te sę gaan China toe, of trou met Sannie nie. Dit moet dit net bevestig.
Paulus verskaf die kriteria waaraan enige profetiese uitspraak (eintlik alle ‘charismata’) moes voldoen, naamlik; die toets van die evangelie (1 Korintiërs 12:1-3); die toets van die liefde (1 Korintiërs 13), en hoe opbouend dit was vir die gemeente (1 Korintiërs 14:3-5, 12, 17). Nuwe-Testamentiese kerkprofete ontvang en bring gewoonlik algemene openbarings van God se wil, en nie onfeilbare, outoritęre woorde soos Ou Testamentiese skrifprofete nie.
HOE WERK PROFESIE?
In teenstelling met ‘n woord van kennis, of die woord van wysheid wat kennis is wat die HG in jou deponeer, profeteer mens direk uit jou gees wanneer jy die salwing en drang ervaar om dit te doen – byna soos om in tale te praat. Dis soos ‘n rivier van woorde wat uit jou binneste vloei sonder dat jy dit uitdink of beheer. Jy kan ophou wanneer jy wil, want die gees van die profeet is onder die beheer van die profeet.
STUDIE 8. Die WOORD VAN KENNIS - Lees 1 KOR 12:8 (“logos gnosis”)
Hierdie gawe hou verband met die Korintiërs se fassinering met spesiale KENNIS (“gnosis” - lees 1 Kor 1, 2) wat een van die oorsake is van die gepaardgaande hoogmoed in die gemeente (lees 1 Kor 12:21-25). Dit is ‘n gawe van die Heilige Gees en dui op ‘n bonatuurlike openbaring van kennis ten opsigte van ‘n saak of persoon. Dit kan die vorm aanneem van ‘n gedagte, ‘n indruk, ‘n visioen of ‘n droom. Die gawes van wysheid en kennis gaan gewoonlik gepaard met sekerheid. Jy wéét dis die Heilige Gees. Jy ontvang skielik kennis wat jy 'n minuut tevore nie gehad het nie.
Daar bestaan 3 hoofbronne van inspirasie, naamlik die (1) die vlees/jyself; (2) demone en die węreldsisteem; (3) God. Die woord van kennis kom diep uit jou gees uit en word deur die HG aan jou gekommunikeer. Dis nie soos ‘n gewone menslike gedagte wat jy hierbo in jou kop bedink nie en klink ook nie soos ‘n gedagte van buite nie (węreld of demonies), maar kom hier diep binne uit jou gees uit.
Hierdie gawe funksioneer waar God aan jou sy wil openbaar. Dit kan oombliklik wees of langsaam duidelik word. Soos ek (Jurie) wat 2 jr lank wag vir God se plan. Op ‘n stadium het ek ernstig begin vra (gedurende 2002), en het skrif begin bid (Ps 123, 143, ens) wat ‘n soeke na God se wil verbaliseer. Skielik een oggend in Nov. 2002 praat die Here deur Jes 49 met my en stadig maar seker begin die visie van die nuwe kerk (teen my verwagting in) vorm aanneem.
Soms het die woord van kennis met mense te doen in bedieningsituasies - As voorbeelde hiervan kan geneem word Petrus se kennis oor Annanias en Saffira se sonde (lees Hd 5), Jesus se kennis ten opsigte van Natanael (lees Joh 1:48), ens.
Hierdie gawe funksioneer baie nou saam met profesie. Die verskil tussen die gawe van kennis en profesie is dat kennis ‘n sekere openbaring is wat deur die Gees aan jou gegee word en jy verstaan dit reeds voordat jy dit uitspreek.
Met profesie spreek jy voordat jy weet! Of jy kry dalk een gedagte waarmee jy begin en dan vloei ‘n rivier van woorde waarvan jy nie veel weet nie!
Ek (Jurie) bid bv vir iemand in gevangenis en ek vra: “Hoe oud is jy,” maar nog voordat die persoon kan antwoord sę die HG: “18 Jr oud.” Ek verifieer dit. So leer die HG jou om die gawe te gebruik. Dis maw kennis wat jy 5 sekondes vroeër nie gehad het nie en skielik het – en jy weet dis reg. Die HG is nie net daar om geestelike openbarings te gee nie, maar wil jou ook lei in jou praktiese behoeftes. Daarom sal Hy jou woorde van kennis gee in jou besigheid, jou gesondheid, jou familie en gesin, jou huwelik, ens. Jy moet Hom net vra daarvoor.
PRAKTIESE OEFENING OM 'N WOORD VAN KENNIS TE ONTVANG
1. Raak stil en fokus op die Heilige Gees binne-in jou gees
2. Ontspan heeltemal
3. Maak jou gedagtes en verbeelding stil en vra die Heilige Gees om vir jou ‘n woord, gevoel of beeld (visioen) te gee vir die persoon langs jou.
4. Sit rustig in afwagting en wag vir wat God wil doen.
5. Die gees se stem is dikwels baie sag en eintlik meer ‘n indruk of flou gewaarwording.
6. Deel dit met die persoon indien dit opbouend is.
STUDIE 9. DIE WOORD VAN WYSHEID: Lees 1 Kor 12:8 (“logos sofias”)
Hierdie is nog ‘n openbaringsgawe. Dis nie natuurlike wysheid wat die vrug is van ouderdom, studie of ervaring nie. Dis ‘n bonatuurlike gawe van die Gees. In die algemeen word hierdie gawe geďnterpreteer as insig of openbaring ten opsigte van ‘n sekere situasie, verlede, hede of toekoms. Wysheid is ook belangrik met betrekking tot die interpretasie en die aanwending van kennis (die vorige gawe). Dit het te doen met ‘n buitengewoon briljante of gepaste toepassing/aanwending van kennis. Goddelike wysheid gee jou ‘n voorsprong op die satan se planne teen jou.
Die “woord van wysheid” kan ook ‘n openbaring wees oor die toekoms.
Daniël se gawe was wysheid om die koning se drome te interpreteer (lees Dan 2)– so ook Josef terwyl hy in die tronk was (lees Gen 41). Beide hierdie manne se gawe van wysheid het hulle verhoog tot heersers van magtige koninkryke.
Bonatuurlike wysheid/strategie is soms nodig om probleemsituasies op te los, en die woord van wysheid help jou hierin.
Jesus het dikwels in hierdie gawe gefunksioneer, soos bv in sy gesprekke met die fariseërs. Hy het met buitengewone wysheid hulle sluheid onderskei en terug beantwoord. Soos die argumente tov sabbatsonderhouding (lees Mt 12:1-5). Of die konflik toe hy die man op die sabbat genees het (lees Lk 14:1-6). Sien ook Mt 25:21 hoe briljant Jesus die fariseers se aanval teen sy gesag neutraliseer met ‘n teenvraag!
Paulus begin sy gawelys met wysheid en steek eintlik die draak met die Korintiërs se sogenaamde ‘wysheid,’ wat hy reeds as dwaasheid ontbloot het in sy vergelyking daarvan met die wysheid van God. In Korinte was daar misteriekultusse wat op bonatuurlike wysheid geroem het. Voorlopers van die gnostiese sektes wat veral in die 2’de eeu verwoesting in die christelike kerke veroorsaak het. Basies geleer dat God in die hemel is en so ver bokant mense verhewe is dat jy kontak moet maak met die engle en geeste wat as middelgangers opgetree het. Hierdie engele het dan aan hulle sg wysheid en openbarings gegee. Daar is 16 verwysings na wysheid in Kor en 6 in Kol wat deur dieselfde valse wysheid van dwaalleraars verwar is. Paulus gee ‘n ander kleur aan hierdie wysheid – dit was nie net dramatiese openbarings mbt die toekoms en allerlei goddelike wesens nie, maar Paulus sę dat die grootste wysheid is te siene in die kruis van Jesus! (Lees 1 Korintiërs 1:17) Dis belangrik, want jy kry mense in die kerk wat ander mense intimideer op ‘n hoogdrawende wyse met hulle sogenaamde openbarings en hulle groot insig in geestelike sake. Loop te koop met hulle geestelike insig bloot om meer momentum aan hulle “ego-trip” te gee. Maar ware wysheid kom in ‘n nederige dienskneg gestalte – ware wysheid intimideer nie, is nie hoogdrawend en vernederend nie. Hoe dikwels het ek nie al met christene gepraat, net om weg te gaan met ‘n minderwaardigheidsgevoel nie – iets in hulle gees probeer jou aanval, afbreek, is in kompetisie met jou!
Lees Jak 3:13 – 18 en maak ‘n lys van die eienskappe van goddelike wysheid:........................................................................................................
.................................................................................................................................................................................................................................................
Hierdie manifestasie kom nie weer in enige gawelys voor nie.
INLEIDING
Doen vinnig weer ‘n oorsig van die gawe kategorieë om julle geheues op te skerp.
Tot dusver het ons ‘n inleiding gedoen oor die Heilige Gees en die vervulling met die Heilige Gees.
Daarna het ons met die spraakgawes begin, en spesifiek tale en die uitleg van tale, en laastens het ons die openbaring gawes gedoen.
10. LERING OF ONDERRIG
Alhoewel ons dit nog nie gedoen het nie, hoort dit ook onder die spraakgawes. Alhoewel dit nie so skouspelagtig soos profesie, of woord van kennis of wysheid is nie, is dit een van die belangrikste en fundamenteelste gawes van die Heilige Gees aan die kerk. Die rede? Sonder die nodige lering torring die hele ligaam van Jesus los en uitmekaar. Lering is soos die garing en die nate van ‘n kledingstuk, of as ons die liggaam metafoor wil gebruik, dis soos die skelet van die ligaam.
Goeie, gebalanseerde Bybelse lering gee dus struktuur, perspektief en stabiliteit in die kerk oor die aarde. Al die ander gawes van die Gees soos profesie, tale, onderskeiding, wonders, genesing, ens, komplementeer slegs en brei slegs uit op die primęre gawe van die leraar.
Definisie van leraar: ‘n Leraar word geďnspireer en toegerus deur die Heilge Gees om die ou bekende waarhede van die Bybel op ‘n nuwe, vars en dinamiese wyse aan mense oor te dra. Daarom klink dit dikwels vir mense onder so ‘n bediening asof hulle die waarhede vir die eerste maal werklik hoor en verstaan. ‘n Geďnspireerde leraar het die vermoë om selfs baie abstrakte teologiese konsepte uiters prakties te verduidelik sodat mense dit kan verstaan en be-oefen in hulle daaglikse lewens.
Mense kritiseer dikwels profete, ens omdat hulle mense maklik sou kon mislei met profetiese woorde, maar verreweg die meeste skade is deur die eeue in die kerk aangerig deur valse leraars wat week na week toegelaat word om mense met verkeerde lering te vergiftig, of bloot die volle waarheid van hulle te weerhou!
Leraars is die gawe van die Heilige gees aan die kerk wat christene kan aktiveer en kan stimuleer tot hulle volle potensiaal. Die ander kant is ook waar – leraars kan massas christene ook laat stagneer en laat krepeer in ellende en neerlaag.
Jesus was eerstens ‘n leraar. Lees Matteus 26:55. Hoe dikwels het Jesus mense onderrig?.................................................................................
Lees ook Matteus 13:54 en Markus 1:22. Wat het Sy lering aan die mense gedoen?............................................................................................
Lees Ef 4:11-16. Wat is die funksies van die bedieningsgawes wat die Heilige gees aan die kerk gee?
V12?......................................................................................................................................................................................................................................
...............................................................................................................................................................................................................................................
V13?.......................................................................................................................................................................................................................................
V14?.......................................................................................................................................................................................................................................
V15?........................................................................................................................................................................................................................................
V16?........................................................................................................................................................................................................................................
Die gawe van leraar speel waarskynlik die grootste rol in hierdie proses van geestelike groei waardeur christene moet gaan, voordat hulle geestelik vry genoeg word om bruikbaar te wees in die koninkryk van God.
11. VERSORGINGSGAWES
Rom 12:7 en 8, beskryf die 4 versorgingsgawes wat die Heilige Gees vandag steeds gee: 7 As dit is om te dien (OAV=bediening), laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. 8 As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee (OAV=uitdeel), laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help (OAV=barmhartigheid bewys), dan met blymoedigheid.
Paulus voeg ook by die gawe van herder in Ef 4:11.
Wat doen herder-leiers?
Paulus kon ‘n hele paar ander woorde gebruik het in sy briewe om leiers soos hy se funksies te beskryf soos leitourgia (Ou Testamentiese priester se aktiwiteite), ‘telos’ (‘n amptenaar of vrywillige diens deur ‘n burger), ‘timé’ (amp of opdrag met die klem op die waardigheid van die persoon of taak), ’arge,’ (amp/magistraat/leier van volgelinge).
Hy kies egter die ietwat onverwagte en meer seldsame woordjie diakonia. Diakonia beteken om om te sien na iemand anders se behoeftes. Dis tipies gebruik om die funksie van kelners/kombuispresoneel aan te dui. Daarmee wou Paulus seker maak dat ons weet dat alle ware bediening diens is.
‘n Leier wat nie kan dien nie kan nie lei nie. Daarom neem God gewoonlik alle leiers op wie se lewens ‘n belangrike roeping is deur ‘n tyd van groot beproewing en loutering om hulle te stroop van die vlees, van grootheidswaan, en selfsugtige ambisies. Jy kan maar met enige werklik uitstaande leier van jou keuse gaan praat en hulle sal almal dieselfde storie vertel van hoe goed hulle begin het met groot visie en salwing, daarna deur ‘n tyd is waarin alles skynbaar tot niet is, net om na ‘n paar jare nuut saam met God te begin! Dink maar aan Abraham, Moses, Dawid…
Paulus lę soveel klem op die bediening as diens, omdat Jesus self soveel klem daarop geplaas het: Lees Markus 10:44-45.........................................
.................................................................................................................................................................................................................................................
Iemand wat in die kerk dien primęr om gesien te word, geprys te word, vereer te word, betaal te word, verstaan bediening totaal verkeerd. Sal nooit ‘n groot leier in God se oë kan wees nie-dalk in mense se oë.
Lees Markus 10:31................................................................................................................................................................................................................ .
....................................................................................................................................................................................................................................................
Rick Joyner skryf in sy boek ‘The call’ of ‘The final quest” van sy besoek aan die troonsaal van die hemel waar Jesus sit langs sy vader, maar die hele saal is vol duisende trone van christene wat klaar hemel toe is. Die trone wissel in heerlikheid, grote en skoonheid, en terwyl daar wel groot leiers soos Paulus en Dawid was, was die meeste trone beset deur vroue – ma’s en oumas wat in die geheim sonder enige openbare “oe’s” en “a’s” in getrouheid gebid en gedien het! Hulle is die naaste aan God, en het die meeste heerlikheid vertoon! Hulle was laaste op aarde, maar in die hemel eerste! Baie van die sogenaamde groot en charismatiese persoonlikhede – die groot kerkleiers, skrywers ens. van die kerk was tot sy uiterste verbasing laaste!
As jy dus groot wil wees in die hemel, wees net getrou aan dit waarvoor God jou persoonlik roep, en doen dit tot die beste van jou vermoë. Jou posisie in die hemel word bepaal deur jou getrouheid aan jou roeping, nie die skouspelagtigheid daarvan nie! Jy kan ook deur jou getrouheid aan jou huidige funksie in die koninkryk (kerk), jou funksie in die kerk verbreed en uitbrei.
Lees Mt 25. Daar gee Jesus aan die diensknegte wat getrou was meer verantwoordelikheid en gawes as wat hulle voorheen gehad het.
Bespreek en beskryf kortliks hoe die versorgingsgawes praktiese in jou kerk uitgevoer word...............................................................................
.................................................................................................................................................................................................................................................
Watter versorgingsgawe het jy ontvang, en hoe leef jy dit prakties uit? ........................................................................................................................
...................................................................................................................................................................................................................................................
12. LEIERSKAP
In Rom 12:8 “as ons leiding gee” vertaal word met ‘iemand wat lei,’ ‘die leier,’ letterlik ‘hy wat voor is/regeer’. Dit dui op die hoofleier en ander strategiese leiers van die gemeente. Dit stem waarskynlik ooreen met die gawe van leierskap in 1 Kor 12:28.
Paulus gebruik hierdie woord hierdie spesifieke woord op twee ander plekke ook om die leiers van die plaaslike kerk aan te dui (1 Ts 5:12, 1 Tm 5:17). Hy verwys waarskynlik hier na die bedieninge van strategiese leiers. In tradisionele taal iets soos dominees, en ouderlinge. In meer vernuwende terme noem ons hulle ‘strategiese leiers.’ Mense met hierdie gawe is visioenęr, is ingestel op die toekoms, kyk altyd na nuwe geleenthede, is altyd ęrens heen oppad. Hierdie woord vir leiers (“kuberneseis”) in 1 Korintiërs 12:28 kom net hier voor in die Nuwe Testament, maar in die LXX (Spr 1:5; 11:14; 24:6) sowel as in sekulęre Grieks, dui op die funksie van leiding en koersaanduiding. Die werkwoord beteken ‘to steer…to act as pilot or helmsman.’ Dit impliseer ‘to guide..to govern’.
Sommige meen dat hierdie gawe ‘n sambreelterm is vir alle bedienaaars wat alle gawes en verwante funksies integreer, maw ouderlinge (wat optree as ‘guardians’); predikers en diakens (praktiese dienswerk), ens. is alles hierby insluit.
Hierdie benadering is egter onsensitief is vir die verskillende vlakke van leierskap wat blyk uit Paulus se briewe. Paulus gebruik die term hier in ‘n algemene sin om te dui op persone wat as strategiese leiers in die gemeente optree, en wat spesifiek deur die Gees begaafd is om leiding en rigting te gee.
Watter gawes moet strategiese leiers hę? ........GOEIE KOMMUNIKASIE, GELOOF, OPTIMISME, INTELLEK, VISIE, ENS.................................
Is daar sulke strategiese leiers in jou gemeente? Wat noem julle dit? ...........(KAINOS NOEM DIT DIE STRATEGIESE LEIERSKAP)..............
Wat noem die tradisionele kerke sulke leiers? ...............................(KERKRAAD, DAGBESTUUR)............................................................................
Wat doen hierdie leiers in ons kerk?.....................................................................................................................................................................................
13. KRAGGAWES
1 Kor 12:9 aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees. 10 Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen…
Hierdie gawes is ‘n groot kopseer vir die tradisionele kerk – soveel so dat die teoloë ‘n spesiale naam vir die kraggawes geskep het – ‘tydelike of buitengewone gawes’. Dis ‘n poging (wellsiwaar on-Bybelse poging) om die afwesigheid daarvan in die kerke te verduidelik. Hierdie gawes was sogenaamd tydelik omdat dit volgens hulle beperk was tot die tyd van die apostels. Dit was buitengewoon omdat dit nie veronderstel is om weer te funksioneer in die kerk nie.
Sommige gaan so ver om te sę dat die Bybel nou die buitengewone gawes vervang het. Dis verduidelikings wat totaal onbybels is – niks daarvan vind ons in die Nuwe of Ou Testament nie. In tradisionele gawe kursusse vind jy gevolglik gewoonlik net die meer natuurlike gawes in die lyste soos gasvryheid, hulpverlening, ens. Romeine 12 se gawelys pas hulle meer omdat Paulus hier meer op die praktiese of ‘meer natuurlike’ gawes fokus. Die eerste kraggawe is:
Geloof: (1 Kor 12:10):Dis opmerklik dat Paulus die kraggawes saam groepeer, en dis ook duidelik uit die Griekse konstruksies wat hy hier gebruik dat hy nou ‘n nuwe kategorie van Heilige Gees manifestasie aandui. Hy beweeg nou na die meer buitengewone, sigbare manifestasies (kraggawes).
Soos julle reeds weet kry ons verskillende soorte ‘geloof:’
A. ‘n Intellektuele kennis of instemming wat verkeerdelik veral in die tradisionele kerke as geloof beskou word. Blote kennis van Christus maak jou nie ‘n Christen nie. En verder, al erken jy selfs dat Christus aan die kruis vir sonde gesterf het maak dit nie van jou ‘n Christen nie. Nee, jy moet ‘n geloofsoorgawe maak ogv die kennis – maw jou lewe moet agv die kennis verander word – eers dan het jy Nuwe Testament’se geloof. Jy moet Jesus in jou hart innooi op ‘n dag in jou lewe!
B. Dan ontvang jy die tweede tipe geloof, naamlik reddende geloof. Alle weergebore mense het hierdie tipe geloof. Dis die geloof waaaroor Paulus so baie skryf – ons is geregverdig – vergewe, gered deur hierdie tipe geloof. Jy kan nie hemel toe gaan sonder hierdie soort geloof nie. Hierdie geloof gee geloofsekerheid – Jy wéét jy gaan hemel toe – wonder nie daaroor nie! (Lees Romeine 10:1-14)
C. Die derde tipe geloof is mostertsaad geloof waaroor die hele reeks van 5 boodskappe so ‘n ruk gelede gegaan het. Dis geloof wat iets in die koninkryk kan doen. Lees Mt 21:21 wat hierdie geloof beskryf. Hierdie geloof lę aan die basis van alle gawes, aangesien ‘n sekere kwaliteit van geloof nodig is in die beoefening van gawes.
D. Die vierde tipe geloof is die gawe van geloof. Dit is nie net ‘n intellektule kennis van iets, of die reddende geloof wat alle Christene ontvang, of selfs mostertsaad geloof nie, maar spesiale geloof – ‘n gawe van geloof gegee deur die Gees om ‘n sekere taak te verrig. Dit is geloof wat iets spesifieks doen – waaronder demone uitdryf, siekes genees en berge verskuif. Dit verskil van mostertsaad geloof slegs in die opsig dat dit gegee is vir ‘n spesifieke taak, en dit bly slegs totdat die taak afgehandel is.
Om hierdie kerk te kon begin het ons ‘n gawe van geloof nodig gehad, en het dit steeds nodig, want daar is nog baie dinge wat ons in die geloof moet doen! Hierdie geloof hang dus saam met ‘n opdrag. Sonder hierdie spesiale geloof kan die opdrag nie uitgevoer word nie.
13.2 Genadegawes van gesondmaking: Lees weer 1 Kor 12:9: (lett. vertaal: “gawes van genesings”) is die tweede kraggawe wat Paulus hier noem.
Waarom sien ons so min genesings in die kerke vandag? So min wonders? Soos reeds gesę is mostertdsaad geloof die basis van die gawes – sonder hierdie geloof kan geen gawe van die HG manifesteer nie, en ook omdat die satan dit reggekry het om groot segmente van die kerk te laat funksioneer met ‘n oneffektiewe tipe geloof, nl blote kennis of instemming (1ste kategorie van geloof hierbo genoem). Die kerke is stampvol ongelowige gelowiges en as gevolg dáárvan is daar so min krag in kerke en in Christene se lewens! As jy jouself kan oortuig dat genesings en wonders tydelike gawes was, sal jy uit die aard van die saak niks daarvan ervaar nie! Jy kry mos maar gewoonlik wat jy glo/verwag!
In Ethiopië glo die studente nie aan hierdie gawes nie, want hulle ervaar dit nie in die kerke. Probleem is jy moet eers glo voordat jy dit sal ervaar! Ek sę vir hulle: Julle roem daarop dat julle evangeliese, Woord gesentreerde christene is, maar julle glo eerder wat julle ervaar as dit wat duidelik in die Woord staan Paulus sę God gee gawes van genesings – so hoekom glo julle dit nie? God gee die gawe van profesie – hoekom glo julle dit nie, God gee gawes van tale – hoekom glo en beoefen julle dit nie? Hoe Woord gesentreerd is ons dan? Is ons nie eerder tradisie of ervaring gesentreerd nie? Die Bybel sę: ‘Glo eers, dan ervaar jy.’”
Smith Wigglesworth bid vir man blind gebore – sien onmiddelik – getuig die aand voor almal wat hom ken as blinde.
‘n Paar kritiese waarhede rondom genesing:
1. Genesing is altyd God se wil, tensy God vir jou gesę het dat dit sy wil is dat jy die siekte moet hę, soos bv Paulus se doring in die vlees wat een of ander fisiese toestand was (lees asb 2 Kor 12).
Matteus 8:2 ‘n Melaatse man kom kniel toe voor Hom en sę: "Here, as U wil, kan U my gesond maak." 3 Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sę: "Ek wil. Word gesond!" En sy melaatsheid was onmiddellik weg.
Matteus 8:7 En Jesus antwoord hom: "Ek sal hom kom gesond maak."
2. Jesus het almal genees wat gevra het – 23 x in evangelies dat Jesus almal genees het. Matteus 8:16 Toe dit aand word, het hulle baie wat in die mag van bose geeste was, vir Hom gebring. Hy het die geeste met ‘n woord uitgedryf en al die siekes gesond gemaak.
3. Genesing is dikwels onmiddelik – Matteus 8:2 - JG Lake het ervaar dat 20-30% onmiddelik genees word, en nog 30-40% na berading en verskeie gebedsessies.
4. Genesing is baie dikwels geleidelik – Luther se beleid was gebed 3 dae in ‘n ry. John G. Lake hulle het tot 30 dae + vir dieselfde mense gebid voordat hulle genees is.
Jesus moes by geleentheid ook 2x bid vir ‘n blinde voordat hy kon sien (Lees Mk 8:22).
5. Sonde verhoed dikwels genesing – rebellie, bitterheid.
6. Genesing is die gevolg van geloof – (1) deur die sieke - Matteus 8:13 Jesus sę toe vir die offisier: "Gaan terug, en wat jy geglo het, sal gebeur." En sy slaaf het op daardie oomblik gesond geword.
Matteus 9:22 Jesus het omgedraai, haar gesien en gesę: "Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered." Van daardie oomblik af was die vrou gesond.
(2) Die geloof van die geneser is egter ook krities by genesing (lees LK 7:11 die weduwee van Nain se dooie seun opgewek – ‘n dooie het nie geloof om opgewek te word nie!).
Is die geneser of die sieke se geloof deurslaggewend in genesing? Soos reeds aangetoon hierbo is beide se geloof belangrik, maar oor die algemeen is die geneser se geloof die deurslaggewende faktor, soos in die geval vermeld in Lk 7:11.
7. Dis God se wil dat almal van ons eendag sterf, en ons sterf gewoonlik van een of ander siekte. Jy sal dus nie gesond word as jy die siekte tot die dood het nie (lees Johannes 11:4).
8. Sommige mense word ook om een of ander onbekende rede nooit gesond nie, en al die kragtige bedienaars soos Benny Hinn, Kathryn Kuhlmann en Oral Roberts, erken die realiteit hiervan.
Die rede hiervoor? Dis krities belangrik om altyd in gedagte te hou dat enige gawe van die Heilige Gees uitsluitlik die prerogatief van God bly. Geen mens het die vermoë om gawes soos genesing, ens te manifesteer soos hulle wil nie. God genees, doen wonders en profeteer soos Hy in Sy soeweriniteit besluit, en ons verantwoordelikheid is bloot om so ver moontlik saam met Hom te werk. Hierdie beginsel het ek breedvoerig verduidelik in die reeks oor geloof.
13.3 Wonders – letterlik in Grieks, ‘werkinge van kragte’ Lees weer 1 Kor 12:9.
Hierdie is die derde en laaste kategorie van kraggawe.
Ons vind verskilllende kategorieë van wonders of kragte in die Bybel:
1. Natuurwonders – Lees Mk 4:35-41;
2. Mense blinde gebore wat kan sien – Lees Jh 9;
3. Ore wat weer kan hoor – Mk 7:32-37;
4. Die boom wat verdor – Mk 11:12-26;
5. Skeppingswonders soos bv. ledemate wat aangroei! - Wigglesworth het vir ‘n predikant sonder been gebid en opdrag gegee om skoene te gaan koop. Toe hy gehoorsaam en ‘n paar nuwe skoene gaan koop die volgende oggend, groei ‘n nuwe been in plek van sy kunsbeen in die skoen in toe hy die skoen aantrek!
Word vervolg....