Media: DVD Reekse

Reekse sover beskikbaar

1.Bou ‘n Droom-huwelik!

Hierdie reeks van 3 DVD’s en 7 episodes sal jou huwelik en jou persoonlike lewe transformeer. Dis ‘n uitstekende reeks saam met die boek vir huweliksvoorbereiding en huweliksverryking. Dit kan maklik in selgroepe, Bybelstudies, seminare en naweekkampe aangewend word. R200 vir die DVD stel en R100 ekstra vir elke boek. Boeke is in Afrikaans en Engels beskikbaar.

2. Wat is so nuut aan die Nuwe Testament?

Hierdie reeks bestaan uit 9 episodes op 3 DVD’s teen slegs R350, handboek en posgeld ingesluit! Dit handel oor die verskille tussen die Ou en Nuwe Testamente – iets waaroor die meeste christene en kerke wonder. Wat van die Ou Testament is nog relevant vir ons in die Nuwe Testament? Hou op wonder en bestel hierdie diepgaande studie – jy sal die antwoorde kry op al jou vrae.

3. Word ‘n nuwe mens!

Hierdie reeks leer ons hoe om ons persoonlike lewens te transformeer. Leer van die verskillende dimensies va jou lewe wat behoort te transformeer, en hoe om dit te doen! Dit sal jou lewe radikaal transformeer in ‘n kort tydjie. Die reeks bestaan uit 7 episodes op 3 DVD’s teen R300, handboek en posgeld ingesluit.

4. Transformeer jou huwelik!

Wat is die beginsels en fases van ‘n gesonde huwelik? Wat kan jy prakties doen om jou huwelik te restoureer of te verander? Die antwoord op hierdie vrae is baie makliker en baie meerprakties as wat jy dink! Hierdie reeks gee jou die gereedskap om dit te doen. Dit bestaan uit 5 episodes op 2 DVD’s teen slegs R200, notas en posgeld ingesluit.

5. Die Klippe roep dit uit!

Hierdie is ‘n reeks van 4 episodes op 1 DVD wat aantoon hoedat die argeologie die Ou en uwe Testamente as histories waar en betroubaar bewys. Mense soos Abraham, Dawid, Agab, sowel as bekende Bybelse plekke soos Haran en Sodom en Gomorra, wat se bestaan voorheen ontken is deur liberale teoloë en skeptici, word vir eens en vir altyd deur die klippe van die Midde Ooste bevestig! Slegs R150 alles ingesluit!

6. Waarheen is die aarde oppad?

Hierdie reeks van 4 episodes op 1 DVD fokus op die eindtye en gee ‘n gebalanseerde Bybelse perspektief op wat op die horison loer vir die mensdom. Al die wederkoms gebeure word op ‘n verstaanbare en treffende wyse in skematiese vorm uiteengesit. Die Kerktydperk, Groot verdrukking, wegraping, 1000 jarige vrederyk, slae van Armageddon, ens word regstreeks uit die Skrif verduidelik . R150 alles ingesluit

7. Kry die oorhand oor die onderwêreld

Hierdie reeks van 9 episodes op 3 DVD’s kan ook op 3 CD’s bestel word vir dieselfde prys. Dit handel oor geestelike oorlogvoering, en hoe ons ons God gegewe outoriteit kan opneem om oor die satan en sy magte te heers. Dis ‘n MOET vir elke kind van God! Slegs R350 handboek ingesluit.

8. Waarom gebeur slegte goed met goeie mense?

Hierdie reeks van 5 episodes op 2 DVD’s verduidelik aan die hand van ‘n openbaring van Jesus aan Past Walter Hallam van die VSA, waarom slegte goed met goeie mense gebeur. Hy het die openbaring van Jesus ontvang, 40 dae na sy dogter se dood in ‘n vliegongeluk. Dit bevat ook die getuienis van Dr. Jan Janse van Rensburg wie se seun in ‘n ongeluk oorlede is. Dit is ‘n tydige antwoord op ‘n diep vraag. R150 alles ingesluit

9. Herbou die mure van jou lewe!

Hierdie reeks van 5 episodes handel oor hoe die satan ons lewensmure beskadig, en toegang kry tot ons lewens sonder dat ons dit besef. Dinge soos geslagvloeke, woordvloeke deur vriende en vyande, okkultiese bindings, liefdelose optrede deur ons, ens word verduidelik. Kry dit gerus, dit sal jou lewe verander! R250 alles ingesluit.

10. Die wonder van geloof

In hierdie reeks van 6 episodes op 2 DVD’s, sal jy van geloof leer soos nog nooit tevore! Dis gebaseer op die Woord, sowel as openbaringskennis wat Dr. Jurie ‘n paar jaar gelede ontvang het oor die aard van geloof. Christene soek na “werkende geloof” – geloof wat iets in die koninkryk kan doen, en dis waaroor hierdie reeks handel. R200 alles ingesluit.

11. Hoe vind ek betekenis in my lewe?

Dis die reeks wat handel oor hoe om betekenis en sinvolheid te vind in jou lewe – iets waarna elke mens op aarde smag. ons wil almal opstaan in die oggend, en lus voel vir die dag. dit kan jy net doen as jy betekenis kan vind in jou dag! In die reeks is daar 6 episodes op 2 DVD’s wat jou lewe sal verander! R200 alles ingesluit

12. Teleurgesteld in God?

Baie christene is openlik, of in die geheim teleurgesteld in God, omdat gebede nie beantwoord is nie, geliefdes dood is aan siektes – selfs na baie gebede vir genesing. Ander het kinders, eggenote en vriende verloor in motorongelukke, ens. Hoe moet ons as gelowiges daaroor dink? Hierdie reeks van 7 episodes op 3 DVD’s poog om bevredigende antwoorde en perspektiewe op ons ervarings te gee. Dit kos R250

13. Plaas die vonkel in jou verhoudings!

Hierdie reeks van 3 DVD’s met 6 episodes kyk op ‘n praktiese wyse na ons verhoudings. Vrae wat beantwoord word is, wat kompliseer ons verhoudings?; hoe kan ons hierdie dinge neutraliseer?; wat is die verkille tussen manne en vroue?; wat maak ‘n vrou gelukkig?; en nog baie meer. bestel dit vir jouself, jou kinders en vreinde. Hierdie reeks sal hulle lewenskwaliteit geweldig verhoog binne die bestek van ‘n week! Dit kos R250

14. Verstaan God se beginsels vir jou wese!

Hierdie reeks handel oor die verskillende reels wat geld vir die verskillende dele van ons wese. Dikwels sukkel christene erg, omdat hulle dit nie verstaan nie, en die gees se beginsels bv toepas op hulle liggame – sonder veel sukses. Dit sal heeltemal nuwe horisonne vir jou oopmaak! dis 2 DVD’s met 4 episodes @ R200.

15. Gebruik die kragtige wapens van God!

Hierdie reeks behandel die onderwerp van die kragtigste wapen wat God vir christene gegee het om die satan te neutraliseer, en te oorwin in die lewe. Hieride wapen is jou kognitiewe vermoens – jou gedagtes! leer hoe dit werk, en hoe jy prakties kan oorwin! 2 DVD’s met 4 episodes @ R200

16. Vernuwe deur die Woord!

Hierdie reeks is ‘n uitbreiding en meer in diepte vervolg op die vorige reeks, en kyk na hoe christene hulle gedagtes prakties gevange moet neem tot gehoorsaamheid aan Christus. Dit word aangebied vanuit sielhundige, neurologiese, teologiese en praktiese perspektiewe. dis die vrug van baie navorsing en ervaring, en sal jou dramaties bemagtig! 4 DVD’s met 8 episodes @ R350

17. Bou ‘n Droom-Gesin!

 Dis ‘n reeks wat bestaan uit 12 episodes en handel oor kinderopvoeding en ouerskap. die nuutste navorsing word gebruik en sake soos dissipline, wat kinders nodig het en hoe om goeie karakters in jou kinders te bou, word behandel. dis ‘n moet vir elke ouer! R350

18. Werk gebed nog?

Dis ‘n baie belangrike reeks vir elke christen wat ervaring het van onverhoorde gebede, teleurstellings en verwarring in hul gebedslewens. Vrae word reguit gevra en beantwoord op ‘n eerlike wyse, en dit sal jou bevry van vele wanopvattings en verwarring! R200

19. Word volwasse!

hierdie reeks help jou om te verstaan wat dit beteken om geestelik en sielkundig volwasse te word in elke area van jou lewe, insluitende jou denke, emosies en verhoudings. dis prakties en sal jou lewe verander! R200

Bestel die reekse en kyk dit in jou selgroep, jou Bybelstudie, of reel ‘n naweek kamp met jou gemeente en word getransformeer!

Depositos kan gemaak word in:  Kainos Kerk, Standard Bank  Tjek rek.nr: 410922307, tak: Montana.

Leave a Reply